#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n GEE-hart ontvang soms moeilik

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n GEE-hart ontvang soms moeilik

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n GEE-hart ontvang soms moeilik

Norma Breytenbach (of Tannie Norma) is ‘n besonderse mens met buitengewone gee- en omgee-hart. Sy is ‘n steunpilaar in die gemeenskap, wat soms ten koste van haarself aan ander sal voorsien – dier EN mens. Haar rykdom lê nie in weelde nie, maar in liefde en diensbaarheid. In die aanneem en versorging van weggooi-honde, en in haar familie, waar sy ook tans, sonder ‘n werk en inkomste, na haar suster omsien.

Tannie Norma moes onlangs al haar juwele verkoop vir kos – onder meer haar geliefde Pa se trouring. Nie vir kos vir haarself nie, nee. Kos vir haar ‘kinders’ soos sy na hulle verwys. As iemand weet van ‘n hond wat ‘n huis soek, ‘n hond optel, of as daar ‘n hond by ‘n diereskuiling aankom en nie goed in- of aanpas nie, dan is Tannie Norma se nommer op ‘speed dial’.

Sy vertel ons van een van haar ‘kinders’ wat in ‘n veld, binne-in ‘n boks met ‘n handdoek oorgegooi, gevind is – soos ‘n angstige gesiggie om die draai vanuit die gang vir ons loer. Dis ‘Puppy’.

Sy versorg hulle, rehabiliteer hulle, en soek dan vir haar kinders ‘n huis waar hulle net soveel liefde ontvang as by haar. Nadat sy haar werk verlede jaar verloor het, het sy ook begin ‘pet sit’, vir ekstra inkomste.

Te danke aan ons vriende en familie by SPAR en Jock, kon Tannie Norma vir eens aan die ‘ontvang kant’ wees, met twee geskenkbewyse en drie sakke 25 kg-hondekos. Haar reaksie? ‘Kan ek een geskenkbewys en sak hondekos vir my sussie gee?’ Ja, ‘n hart wat altyd en onvoorwaardelik met soveel oorgawe gee, ontvang soms moeilik.

In GALASIERS 6:9 staan daar: ‘Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie.’ Tannie Norma is 69 jaar oud, maar, sy is nie moeg nie.

Kontak Tannie Norma gerus by 082 680 5044, as jy iemand soek wat baie mooi na jou geliefde dierekinders sal omsien. 

#LuisterWeer hier: 

Vir al die fotos klik hier: #JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n GEE-hart ontvang soms moeilik

Deel hierdie artikel

Leave a Reply