You are currently viewing #JouMenseMyMense – Zander Niemand | 4 Desember 2024

#JouMenseMyMense – Zander Niemand | 4 Desember 2024

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Zander Niemand,  4 Desember 2024

Zander Niemand is ‘n 17-jarige seun wat in Mei vanjaar met totale nierversaking gediagnoseer is. Hy is tans op ‘n waglys vir ‘n nieroorplanting, en geskikte kandidate is iemand met ‘n O-positief/of negatiewe bloedgroep onder die ouderdom van 40. Zander word op die 10de Desember 18 jaar oud. Sy grootste wens vir sy verjaarsdag is ‘n nuwe nier, en ook om te kan “skydive”.

Ongelukkig, weens sy peritoneale-dialise-kateter mag hy nie “skydive”, alhoewel hy ‘n regte adrenalien “junkie” bly. Zander is n buite lig kind, lief vir natuur, hy is mal oor fotos neem, veral van die buite en natuur. Hy is baie lief vir swem, maar ongelukkig mag hy ook nie nou swem nie.

Hy geniet ook skyfskiet en golf. Sy ma, Stephanie, sê dat hulle wêreld oornag omgekeer is, en dat sy elke dag wonder hoekom dit met haar kind gebeur. Hulle kon ook ongelukkig nog geen rede vir die nierversaking vind nie. Zander en sy Ma, Stephanie, het by GROOTfm 90.5 kom kuier… ❤️❤️❤️

#gaanGROOT #GROOTverskil #Omgee #care #givingback #jouGROOTstefm #donate #charity

 

 

Luister HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

 

Deel hierdie artikel

Leave a Reply