You are currently viewing #JouMenseMyMense – Marinel | GROOTfm 90.5 | 5 Maart 2025

#JouMenseMyMense – Marinel | GROOTfm 90.5 | 5 Maart 2025

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Marinel | 5 Maart 2025 | GROOTfm 90.5

Marinel van Niekerk is op 10 Junie 2010 gebore. Sy weeg 3,49 kg, met ‘n kopgrootte van 49 cm en ‘n lengte van 50 cm. Die bevalling was normaal en die eerste en tweede apgar-tellings was ‘n normale 9/10 en 10/10. Marinel het in die begin bietjie gesukkel met ‘n groter kop as ander babas van haar ouderdom, maar het steeds haar ontwikkelingsmylpale min of meer betyds bereik, totdat sy nege maande oud was, toe sy nog nie kon kruip of sit nie. In 2011 het die gesin met doelgerigde terapie begin, en is na ‘n neuroloog toe om te bepaal wat en of daar fout is met Marinel. Marinel begin kruip op die ouderdom van drie, en op vier gebruik Marinel nog doeke, en sy kan nie praat of loop nie. Die uiteindelike diagnose? Volgens ‘n pediatriese neuroloog, is dit as volg: “Marinel is a well created little girl with small problems. We had never seen a child like Marinel, and can’t give a straight diagnoses”. Marinel can’t be put into a box. She has a lot of different symptoms from different syndromes. When someone asks us what is her diagnoses, we just say that she has. JBM – Just being Marinel-syndrome. Die gesin het by GROOTfm 90.5 kom kuier.❤️❤️❤️

#gaanGROOT #GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie

Luister HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

 

Deel hierdie artikel