You are currently viewing #JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘Trolley Dash’ – 17 Februarie 2021

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘Trolley Dash’ – 17 Februarie 2021

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘Trolley Dash’ – 17 Februarie 2021

Die GROOTfm 90.5 span het Vrydag, 12 Februarie, ‘n ander tipe liefde vir Valentynsdag gevier! Ons het, met behulp van die onbaatsugtige ondersteuning van SPAR, ‘n ‘Trolley Dash’ gehou ten bate van drie behoeftige kleuterskole – Abba House, ondersteun deur SA Cares for life, Kleintreetjies kleuterskool, en Pikanini kleuterskole, ondersteun deur Hannah Charity. Ons het by die drie ystervroue – Sanet Fagan, Amanda van Biljon en Lizal Staander – wat aan stuur van hierdie behoeftige skole staan, gaan kuier om dit wat ons omroepers binne 5 minute in die trollies kon inpak, te oorhandig.

#Pikanini
Lizal Staander is die Hannah Charity-verteenwoordiger wat ‘ma’ staan vir die Pikanini-kleuterskole. Daar is tans vyf Pikanini-kleuterskole met ‘n totaal van 175 kinders. Lizal sê die oproep om deel te wees van die ‘Trolley Dash’ was direk van die Here af, siende dat al die kosvoorraad wat reeds toegeken was aan die kleuterskole vir die begin van 2021 uitgedeel is gedurende Desember 2020 – as gevolg van ‘n groot voedselnood in die Wolmer-gebied.
Lizal het ‘n verdere geskenkbewys van R2 000 ontvang, danksy haar omroeperspan wat die ‘Trolley Dash’ gewen het. Haar dankbaarheid is oorweldigend, siende dat die Pikanini-kleuterskole slegs op grond van borge en donasies kan oorleef en voortbestaan.

#Kleintreetjies
Kleintreetjies-kleuterskool bestaan al vir 38 jaar, waarvan Amanda van Biljon 22 jaar die skoolhoof is. Van Kleintreetjies se grootste uitdagings tans is die uitgawes om aan Covid-19 regulasies te voldoen. Hiermee saam probeer hulle vir die kleuters ‘n veilige hawe skep – veral vir die wat na ‘n skooldag na haglike omstandighede toe terugkeer as gevolg van ouers wat hul werk verloor het tydens die pandemie. Die personeel doen hulle beste met dit wat hulle het en ontvang, om vir die kinders daagliks met gebalanseerde etes te voorsien. In sommige gevalle is dit die enigste ete wat die kinders ontvang. Amanda is baie dankbaar vir die donasie van SPAR, en noem dat sy as gevolg hiervan, hierdie maand weer aandag aan hul elektrisiteitsrekening kan gee, wat ook soms tot groot kommer lei.

#Abba House
Abba House is ‘n huis van veiligheid vir babas, en word ondersteun deur SA Cares for life – onderleiding van Sanet Fagan. Abba House se grootste uitdagings is dat hulle nie die ‘voorbereidingstydperk’ van ongeveer 36 weke het vir die koms van ‘n baba nie. Die span moet vinnig planmaak met doeke, melk, klere en ‘n bed as daar ‘n baba is wat ‘n huis en liefde verlang. Sanet is baie dankbaar vir elke skenking wat hulle ontvang, siende dat dit die SA Cares-span ook bemagtig om die babas te kan help, versorg en voer.
Ons bring vandag opnuut hulde aan hierdie dames en die organisasies waarby hulle betrokke is. So ook elkeen wat van hulleself gee en opoffer om ‘n verskil te maak aan ‘n land se toekoms, deur ‘n verskil te maak aan ‘n land se kinders! Soos oud-President Nelson Mandela gese het: ‘There can be no keener revelation of a society’s soul than the way in which it treats its children.’

#LuisterWeer hier: 

Vir al die fotos klik hier: #JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘Trolley Dash’

Deel hierdie artikel

Leave a Reply