You are currently viewing #JouMenseMyMense saam met SPAR – Maryna, ‘n mamma wat WIL

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Maryna, ‘n mamma wat WIL

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Maryna, ‘n mamma wat WIL

Maryna Botha het GROOTfm 90.5 reeds in 2021 genader met ‘n dringende versoek. ‘….As ‘n mamma wil ek vandag kom vra…ek weet dit gaan moeilik oral, maar ons het so gehoop dat die jaar anders sou wees. Ons kar het gebreek en ek het my werk verloor. Daar is net nie finansies nie. Ek wil groot asb vra…ons het so hard geval dat ons tans op n plek bly vir minderbevoorregtes …en wil vandag op my knieë vra of hier dalk ‘n engel is wat kan help en bereid is om drie kinders se dag te maak op kersfees om vir hulle ‘n geskenkie te gee asb. Die Here ken my en weet wie ek is en glo en vertrou dat Hy die regte persoon na ons toe sal stuur. Ek is jong mamma van 25-jaar. Ek sukkel verskriklik om werk te kry omdat my ondervinding min is, en vervoer is ook ‘n probleem. Ek wil baie graag ons omstandighede verbeter en my lewe verander. Ek wil ook bitter graag my matriek doen.’

Mamma Maryna, met Pappa wat gereeld weggaan vir werk (‘n werk waarvoor hulle baie dankbaar is), is desperaat vir ‘n beter lewe, beter omstandighede EN ‘n warm winter. Met behulp van die goedgunstigheid van R&T bestuurskool kon sy haar leerlinglisensie kry, en begin nou ook met bestuurslesse. Na ‘n sameloop van omstandighede is hulle nou in ‘n gat. Sy, haar drie seuns en ook haar ouers wat met hul gesondheid struikel. Sy beskryf haarself as ‘n ‘mamma wat wil’, maar het net ‘n #HOOPstoot nodig. GROOTfm 90.5 het gaan kuier…

Kos is ‘n geweldige uitdaging, en kon ons, met behulp van SPAR vir hulle ‘n R2 000 SPAR geskenkbewys skenk. Komberse, wintersklere en skoolbenodigdhede vir haar kinders is ‘n groot behoefte en kon ons ‘n R5 000-geskenkbewys aan hulle gee van ‘n winkelsentrum waar julle dit alles kan kry. Met behulp van donasies ten bate van die #HOOPstoot-rekening kon ons ook help met twee maande se busvervoer vir die kinders.

Mamma Maryna, jou omstandighede SAL verander, want jy wil! Die weg sal kom, die wil is reeds daar. Ons kan sien jy het dryf, oortuiging en strewe – op pad na soveel meer. Jou soeke en smag na ‘n ‘nuwe normaal’ vir jou en jou kinders sal nie tevergeefs wees nie. Ons vertrou saam met jou vir ‘n werk, vervoer en ‘n nuwe blyplek. Hou uit, hou aan! Die gebed is reeds gebid, en die Bron wat dit alles gaan moontlik maak, het gehoor!

Fotos: Jislaaik-JA! Photography

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

Luister weer HIER:

Deel hierdie artikel

Leave a Reply