You are currently viewing #JouMenseMyMense saam met SPAR – Om vir bloed te baklei

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Om vir bloed te baklei

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Om vir bloed te baklei

Justine van Vollenstee (12) is in 2020 gediagnoseer met ‘Severe Aplastic Anemia’ – ‘n baie skaars bloedsiekte wat veroorsaak dat haar liggaam nie genoeg rooibloedselle vervaardig nie. Hierdie diagnose het die volgende tot gevolg: Sy moet weekliks bloedplaatjie-oortappings ontvang sodat sy genoeg rooibloedselle vir die week kan produseer. ‘Severe Aplastic Anemea’ is ‘n resultaat van beskadigde beenmurg.

Haar mamma, Gerraldine, wat vir haar enigiets sal doen, het verlede jaar reeds vir ons ‘n boodskap gestuur en ons hulp gevra. Nie vir enigiets anders, as bewusmaking vir dit waardeur haar liefling prinses gaan nie. Sy wil hê Justine se verhaal moet ander inspireer, en bewusmaak van hierdie siektetoestand. En, meer as enigiets, smag sy na ‘n geskikte beenmurg-skenker en ‘n dogter wat ten volle genees is.

Sy is die afgelope paar maande meer in die hospital as by die huis, en gaan tans deur soveel pyn, vrees en onsekerheid. Die langtermyn-oplossing is ‘n beenmurg-oorplanting, sodat haar liggaam weer normaal kan funksioneer en rooibloedselle vervaardig.

Van die simptome wat deur ‘Severe Aplastic Anemia’ veroorsaak word, sluit in kroniese moegheid, spontane episodes waar Justine flouval (as gevolg van ‘n suurstof-tekort) en koors. Die medikasie wat Justine tans gebruik het ook tans ‘n negatiewe invloed op haar gesondheid.

Gerraldine bid sonder ophou dat die Here haar kind genees, en sê daar is niks erger as om haar prinses so te sien ly nie. Met haar imuunstelsel wat kwesbaar is, was sy vir ‘n jaar tuis, met geen skoolonderrig. Sy het wel hierdie weer by ‘n skool aangesluit – om so bietjie normaliteit in haar lewe terug te bring. Dit doen haar siel baie goed om by mense en maaitjies te wees, alhoewel sy tans nog in-en-uit die hospitaal is. Sy sien tans ‘n onkoloog by Steve Biko Hospitaal, terwyl die spesialis probeer vasstel wat presies die oorsaak van haar toestand is.

Haar medikasie en spesiale dieet is op die oomblik ‘n geweldige uitdaging vir die gesin, en doen mamma Gerraldine naaldwerk vir ekstra inkomste. Sy het ook ‘n skarefinansieringsfonds vir Justine gestig. Tans lewe hulle van dag tot dag, terwyl Justine en Gerraldine wag vir ‘n geskikte beenmurg-skenker. Wat daarna volg, is ‘n lewensgevaarlike operasie.

Met behulp van Superspar Moreleta kon GROOTfm 90.5 die gesin help met R2 000 se varsprodukte en spesifieke kruideniersware. Ons het ook vir hulle ‘n R1 500-SPAR geskenkbewys gegee. Vir verligting en ‘n oomblik se ‘asemhaal’, was GROOTfm 90.5 instaat om op grond van donasies vir die Van Vollenstee gesin ook R5 000 te skenk. Laastens, het ons vriende van Oasis Water, aangebied om vir die volgende jaar, elke maand aan die gesin ‘n waterhouer en 100 L gesteriliseerde water te skenk.

Liewe Justine en Gerraldine! Hou moed! Hou aan bid! Hou aan om genesing te verklaar! In Sy almagtige en kragtige GROOT Naam!

As jy Justine se vordering wil volg, klik op die volgende skakel: https://web.facebook.com/groups/258032925685418

 Fotos: Psalm & Cedar

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

Luister weer HIER:

Deel hierdie artikel

Leave a Reply