You are currently viewing #JouMenseMyMense – Teddie | GROOTfm 90.5 | 9 April 2025

#JouMenseMyMense – Teddie | GROOTfm 90.5 | 9 April 2025

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Teddie | Miracle Mansion | 9 April 2025 | GROOTfm 90.5

Sowat ’n maand gelede was daar ‘n groot gegons op sosiale media rakende ’n teddiebeer in ’n vensterbank in die ooste van Pretoria wat skielik verdwyn het. Jannes Von Backstrom het ’n boodskap op ’n bekende gemeenskapsgroep op Facebook gestuur waarin hy aan GROOTfm 90.5 vra om te help om vir ‘Teddie’ op te spoor. Die hele gemeenskap het ingespring, en lang storie kort, Teddie, met ’n paar ander bere, is terug in die venster en Jannes verstom oor hoe groot hierdie storie geraak het. Hy sê Teddie bring soveel vreugde vir die kinders van The Miracle Mansion. Jannes het die Miracle Mansion In Junie 2024 begin. Dis ‘n veilige hawe vir kinders met uitdagings wat net anders is, dink en leef. Jannes was self was so kind en 20 jaar terug was die beste skool, die naaste skool en moes hy deur ’n hoofstroom-hoërskoolloopbaan stoei. Met sy eie ervaring en sy dogter wat soortgelyke uitdagings beleef, het hy besluit om die sentrum te begin. Te midde van ’n uitdagende en emosionele pad tot waar hulle nou is, het Jannes nie opgegee nie en eer Sy Vader wat elke keer voorsien het en vir uitkoms gesorg het. Jannes en sy personeelspan doen alles in hul vermoë om hierdie kinders op te bou en te bemagtig, vergesel deur hul leuse; ‘Connection B4 Correction’. Jannes het by GROOTfm 90.5 kom kuier…❤️❤️❤️

#gaanGROOT #GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie

Luister HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

 

Deel hierdie artikel