You are currently viewing #JouMenseMyMense – Sally en Themba Moumi | GROOTfm 90.5 | 22 Oktober 2025

#JouMenseMyMense – Sally en Themba Moumi | GROOTfm 90.5 | 22 Oktober 2025

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Sally en Themba Moumi | 22 Oktober 2025  | GROOTfm 90.5

“Jy kry nie kinders wanneer jy hulle wil hê nie, maar wanneer jy hulle nodig het.”
En dit is hoe God my geseën het. Met my verrassingsseuntjie in Februarie 2022. (Sê Ma Sally oor haar Themba!)

Net een dag ná sy geboorte is Themba Moumi gediagnoseer met ’n baie skaars siekte genaamd Wolfgang-sindroom, ’n seldsame ledemaat-gebrek. ’n Week ná sy geboorte het hulle die eerste dokter gesien, wat onmiddellik amputasie aanbeveel het. As ’n nuwe ma was die nuus verpletterend, en ek kon eenvoudig nie die gedagte van amputasie verwerk nie. Ek het hom huis toe geneem en begin om ander opinies te soek. Dokter ná dokter het dieselfde antwoord gehad: amputasie – EN reuse hospitaalrekeninge. As ’n enkelma het Sally baie alleen gevoel, met niemand om mee te praat nie. Talle dokters en opinies later, was almal ineens – dubbel-amputasie. Intussen het sy regterknie begin skeur en die linkerbeen het ’n ekstra been ontwikkel wat verkeerdelik groei. As hy nie die operasie ondergaan nie, sal sy mobiliteit nog verder agteruitgaan.

Themba het nou pas drie geword. Hy is lewendig, slim en vol gees. ’n Vasberade klein seuntjie wat van kleins af self probeer leer loop het. Hy beweeg op sy eie unieke manier rond – hardloop, skop bal en klim soos Spiderman. Sally koester ek elke oomblik. Sy lag is aansteeklik en niks kry hom onder nie. Om hom sy eerste amptelike treë te sien neem, is Ma Sally se grootste droom. “Ek wil net my klein sokkerspeler sien hardloop.”

#gaanGROOT #GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie

Luister HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

 

Deel hierdie artikel

Leave a Reply