You are currently viewing #JouMenseMyMense – Denise van der Merwe | GROOTfm 90.5 | 06 Augustus 2025

#JouMenseMyMense – Denise van der Merwe | GROOTfm 90.5 | 06 Augustus 2025

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Denise van der Merwe| 06 Augustus 2025  | GROOTfm 90.5

Denise van der Merwe is 22-jaar-oud, en ly die afgelope 11 jaar aan Tipe-1-Diabetes. Die afgelope 18 maande het haar gesondheid drasties agteruit gegaan, en is sy intussen met Neuropatie van die maag gediagnoseer, wat ongekend is.

Neuropatie kom gewoonlik voor in bene, nie in ‘n buik nie. Denise het al 38 kg verloor aangesien sy nie die nodige voedingstowwe absorbeer nie, en haar ma, Nicolene sê dit voel asof sy stadig besig is om te sterf van die honger, want sy kan letterlik geen voeding inhou nie.

Nicolene en Johan (Denise se Pa) het tans 2 dogters in pleegsorg (wat floreer!), ’n seun van 25 en, hulle het ook ’n seun gehad met ’n gestremdheid wat na ’n lang siekbed oorlede is. (Die vriendin wat die epos gestuur het noem ook: Persone het al voorgestel dat hul die pleegkinders “teruggee”, sodat hulle al Denise se behandeling kan bekostig, maar hoe is dit ‘n uitweg wanneer 2 jong kinders onder hul toesig floreer en presteer, en liefde in oorvloed ontvang?  Hierdie “ouma” en “oupa” is hul lewe!)

Beide ouers werk as kontrakwerkers vir Huawei, maar Ma Nicolene kan nie meer werk nie omrede Denise bitter afhanklik is. Ma Nicolene sê hulle moet sommige dae kies tussen kos en medisyne, want die uitgawe is soms net te groot om albei te bekostig…❤️❤️❤️

#gaanGROOT #GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie

Luister HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

 

Deel hierdie artikel

This Post Has One Comment

  1. Gerda

    WOW!

Comments are closed.