#JouMenseMyMense – Genesing vir Juan-Luke se pyn
Leatitia Melville het vir GROOTfm 90.5 ‘n epos gestuur rakende haar kleinneef, Juan-Luke, wat hulp verlang met die befondsing van ‘n operasie. Juan-Luke is gediagnoseer met “Anul Fistula”, ‘n gesondheidstoestand wat sy spysvertering beinvloed. Die 30-jarige Jean-Luke ervaar oorweldigende pyn, maar, hou elke dag “aan” ter wille van sy 6-jarige seun, Tiberius. Hy is ‘n enkelpappa wat alles vir sy seun sal doen. In 2022 het die gesin ook geweldige hartseer ervaar met die dood van sy ma, Mirinda, en vrou van Jean-Luke se pa, Anthony, na ‘n 29-jaar-huwelik. Mirinda was gediagnoseer met Fase 4-borskanker. Juan-Luke, en Pa Anthony het fondse ingesamel vir die konsultasie (R1 600), die MRI (R8 000) en nou staar hulle die R40 000-rekening van ‘n operasie in die gesig. Pa Anthony, Seun Jean-Luke en Kleinseun Tiberius, het by GROOTfm 90.5 kom kuier…
Om aan te teken by ons YouTube kanaal, klik hier: / @grootfmtv
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel