#JouMenseMyMense saam met SPAR – Rus in vrede in MOOI
Die egpaar, Eben en Zelda Havenga, wat saam met hul twee seuns, 13- en 16-jaar oud onderskeidelik, op ‘n kleinhoewe in die omgewing van Andeon, Pretoria Wes woon, was verlede jaar in ‘n finansiële uitdaging gedompel nadat Eben sy werk as ‘n kontrakwerker in optiese vesel verloor het. Die gesin, moes hulle trots sluk en noodgedwonge vir donasies vra van vriende en familie, net om te kon oorleef.
In Januarie 2021, toe die ondersteuning nie langer volhoubaar was nie – omrede almal finansieel begin sukkel het na die inperking – het Eben en Zelda geweet hulle gaan ‘n plan moet maak. Een middag, toe hulle verby Zandfontein begraafplaas ry, het Zelda gesien hoe verwaarloos die grafte lyk. Sy het aan haar man genoem dat hulle die grafte kan begin skoonmaak vir ‘n inkomste.
Eben was eers huiwerig, maar na oortuiging van sy vrou, besluit hulle om voort te gaan, en boonop ook om ‘n naam vir die nuwe besigheid te gee – ‘Engele rondom ons’. Hulle het begin adverteer op verskeie sosiale media platforms en kort daarna het hulle drie kliënte gehad.
Die grafte het, met behulp van hulle deursettingsvermoë en dryf om dit te laat werk, ook ‘n ‘leen’-grassnyer, ‘n transformasie ondergaan. Die woord het versprei, en stuk-stuk het die Havenga-gesin hulle tuintoerusting met behulp van ‘n gemeenskap se donasies aangevul. Vandag, bedien hulle meer as 150 grafte.
‘Engele Rondom Ons’ bied ‘n reeks tuindienste – van skoon- en mooimaak, tot skoon – en mooi hou – met ‘n slagspreuk wat lui: ‘Laat die Engele help om u geliefdes se rusplekkie skoon en netjies te hou’.
Die Havenga-gesin, wat reeds so ver gekom het binne enkele maande, word nog met baie uitdagings gekonfronteer. Die vervoer is die grootste uitdaging – met ‘n onbetroubare voertuig wat van Zandfontein tot Pretoria Oos, tot Heatherdale moet reis. Hulle tuintoerusting moet gediens word, en hulle benodig nog ‘n paar items wat hulle werk gaan vergemaklik, ten einde ook meer grafte te kan transformeer.
Maar, vir Eben en Zelda is hierdie ‘n lekker werk. Rustig, sonder kantoor-politiek – sê hulle tong-in-die-kies. Hulle grootste wens is dat ‘Engele Rondom Ons’ sal ‘GROOT GAAN’. Hulle gesindheid is inspirerend, met die dat hulle ‘n dorre hartseer vir iemand kan inkleur.
Kontak vir Zelda Havenga by 079 430 3233 as jy meer wil uitvind oor die diens wat ‘Engele Rondom Ons’ lewer.
#LuisterWeer hier: