#JouMenseMyMense – Yulandie Engelbrecht se nuwe vertrekpunt!
Yulandie is die oudste dogter van die gesin van die berugte “Huis van Gruwels”, waarin vyf kinders mishandeling en verwaarslosing beleef het. Hanlie Kotze, ‘n weldoener wat Yulandie onder haar vlerk geneem het, het GROOTfm 90.5 gekontak met ‘n mooi, dog uitdagende verhaal van ‘n formidabele jong volwassene. Yulandie studeer tans onderwys by Aros, en gee haar alles om nie net haar studies en basiese lewenskostes te betaal nie, maar, om haarself so te bemagtig dat sy uiteindelik die lewe kan lei wat vir so lank van haar ontneem is. Hanlie en Yulandie het by GROOTfm 90.5 kom kuier…
Om aan te teken by ons YouTube kanaal, klik hier: / @grootfmtv
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel