You are currently viewing #JouMenseMyMense met SPAR – Blymoedigheid wat die hele wêreld nodig het

#JouMenseMyMense met SPAR – Blymoedigheid wat die hele wêreld nodig het

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense met SPAR – Blymoedigheid wat die hele wêreld nodig het.

Juan Fourie is normaal gebore op 19 Maart 1992. Op die ouderdom van twee, het sy ma hom na ‘n kinderarts toe geneem wat hulle toe verwys het na ‘n pediater dokter by die Universiteit van Pretoria. Hulle het verskeie toetse gedoen, omrede Jaun heelwat later as die ander kinders begin gesit het. Hy het ook nie gekruip nie, maar eerder gerol na waar hy wou wees. Hy het ook baie later eers begin loop. Ma Klara en die familie het vir jare lank gewonder wat makeer.

‘n Dokter van Amerika het hom toe gediagnoseer met Proteus-sindroom. Dit is bene wat oormatig groei. Hy het ongelooflik baie operasies al oorwin, net 20 hiervan was in sy ore. Daar is baie bene wat groei in sy oor-kanaal, wat sy gehoor aantas. Jaun dra tans ‘n gehoorapparaat sodat hy beter kan hoor.

Die Prosteus-sindroom veroorsaak geweldige hoofpyne, en Jaun lewe tans op pynpille. Die Fourie-gesin het ook onlangs uitgevind van vyf gewasse op sy brein. Dokters kan nie opereer of ‘n biopsie doen nie, oor die hoë risiko wat verbonde is hieraan. Hulle kan niks vir hom doen nie, behalwe om hom gemaklik te hou.  

Jaun is sy ma se engelkind, en is onafskeidbaar van sy ma en sussie, Esmeralda. Die prognose destyds was dat hy slegs vyf jaar oud sou word. Vandag, vier ons sy 29ste verjaarsdag.

Jaun is lief vir rekenaar-speel. Sy skerm het onlangs gebreek, en GROOTfm 90.5 kon hom toe bederf met ‘n splinternuwe een. Ons het vir Ma Klara geSeën met ‘n R1000-geskenkbewys van SPAR, vir so bietjie verligting. Sy en Jaun verjaar op dieselfde dag.

Jaun Fourie is tans die eerste en enigste mens in Suid-Afrika, en een van 13 in die Wêreld wat aan Prosteus-sindroom ly. Wat ‘n voorreg om hierdie dag en mylpaal saam met Jaun, sy Ma Klara, sy sussie Esmeralda, en vriendin Megan te kon vier! Tussendeur die donderstorms bly Klara Fourie positief en vat dit dag vir dag! Jaun Fourie, bly die blymoedigste mens ooit.

Geliefde Fourie gesin, mag julle bly dans in die reën. Jaun, mag jy elke dag besef watse groot inspirasie jy is. Bly blymoedig! Asb! Die wêreld het dit so nodig!

Luister weer HIER:

Deel hierdie artikel

Leave a Reply