You are currently viewing #JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n Hulpkreet uit Hermanstad

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n Hulpkreet uit Hermanstad

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n Hulpkreet uit Hermanstad

Hannelie van Deventer het ons met ‘n hulpkreet genader. Sy en haar 10-jarige dogter woon in Hermanstad. Op die ouderdom van 52, werk Hannelie tans 4 ure per dag en 7 dae ‘n week as ‘n tuisversorger, maar smag na iets meer permanent. Sy verdien slegs R1 000 per maand. Met hierdie inkomste moet sy haar dogter se skoolfonds, hulle kos en elektrisiteit betaal. Sy moet ook haar vervoer werk toe en terug betaal (omdat sy nie ‘n lisensie het nie). Hannelie is moedeloos, tog hoopvol. Sy doen alles wat sy kan om ‘n beter werk te kry, en is haar grootste wens om vir haar dogter te kan gee wat haar hart begeer – telkemale keer vra sy net vir ‘n lekkertjie.

Hannelie het haar storie met ons gedeel. Sy is weg by haar dogter se pa nadat daar tekens van molestering was. Sy het weer getrou met ‘n liewe man, wat in Augustus 2019 oorlede is. Na sy dood, het sy hulle huis verkoop om fondse beskikbaar te hê. Hierdie fondse het stuk-stuk minder geraak, tot op die punt wat sy vir ander moes vra om hulp. Hannelie en haar dogter het sowat ‘n maand gelede laas in warm water gestort. 

GROOTfm 90.5 kon vir Hannelie en haar dogter warm water ‘bring’ met die hulp van ‘n anonieme skenker in die vorm van ’n elektrisiteit-bewys. Hiermee saam kon ons vir hulle ‘n geskenkbewys van SPAR ook gee.

Liewe Hannelie, mag die Here jou en jou dogter beskerm en vertroos en oorweldig met Sy beloftes van ‘n lewe in oorvloed en voorspoed – saam met die gewaarwording hiervan! Mag jy as enkelmamma nooit hoop verloor nie! En mag daar vir jou en jou dogter ‘n radikale deurbraak wees!

Om betrokke te raak by JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

Luister weer HIER:

Deel hierdie artikel

Leave a Reply