#JouMenseMyMense saam met SPAR – Verwag die onverwagse met ‘n sambreel
Sommige van ons omhels hulle, ander nie soveel nie. Min wetend hoe ernstig hulle hul werk en verantwoordelikheid as karwag ag nie. Die verantwoordelikheid om jou kar en besittings daarin te beskerm, en die trots wat hulle oorweldig wanneer jy na jou beskermde voertuig en besittings daarin, toe terugkeer.
Die GROOTfm 90.5-span, saam met die Cosmo Group het die geleentheid aangegryp om 150 karwagte te Seën met sambrele. Om ons waardering te bewys, en bo alles, om hulle vir ‘n slag te kon beskerm – teen son en reën. ‘n Blykie van waardering van ons gemeenskap, aan ons gemeenskap, en om hulle ook toe te rus om die onverwagse te verwag.
Die idee het begin toe ‘n lid van GROOTfm 90.5 by ‘n winkelsentrum stop, en ‘n skielike wolkbreuk uitsak. Die sambrele wat sy sien uitgehaal en oopgemaak word, se speke staan alle kante toe. Die sambrele lyk gehawend, en bied geen beskerming meer nie – dit, terwyl haar voertuig beskerm word.
Ons gesels met karwagte van vyf winkelsentrums en almal het een ding in gemeen: Hulle is lief daarvoor om met mense te werk en ook, om mense te help. Om diensbaar te wees, ter wille van die voorsiening van hulle families, ten koste van hulle eie veiligheid.
Ons bring hulde aan onder andere Frans Malete, Pieter Mputu, Power Glodi, Richard Kabia en die sentrumbestuurders van Kollonade, Wonderboom Junction, Queenswood Corner, Hazeldean en Glenfair Boulevard wat ingekoop het tot die projek.
‘n GROOT dankie ook aan die span van Créme Classique skenking vir hul skenking van 150 geskenkpakkies vol handsaniteerder, gesigseep, handeroom, sjampoe en ‘n SPF40-sonskerm, wat die karwagte se velle teen wind en weer kan beskerm.
Mag ons ons karwagte almal opnuut waardeer en omhels. Ons dankbaarheid op ‘n gepaste manier bewys, en hulle respekteer daar waar hulle in hul teer-kantore in son en reën diensbaar is.
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Luister weer HIER: