#JouMenseMyMense saam met SPAR – Ontmoet vir Zena
Hierdie is ‘n ‘anderste tipe’ Jou Mense My Mense, maar dit het te doen met mense. ‘n Goedvoel storie van ‘n gemeenskap mense wat ‘n groter gemeenskap mense dien – soms ten koste van hulleself. Hulle diensbaarheid lê in die beveiliging van ons gemeenskap en die verligting van dwelms, misdaad en armoede. Ons fokus op dié mense, maar ook op hulle nuwe spanlid, genaamd Zena.
Kilner Park Sekuriteit het ‘n nuwe spanlid! ‘n Belgium Malinois genaamd Zena! Ja, ‘n hond! Hierdie spesie word veral gebruik in misdaad-voorkoming, siende dat hulle instinktief baie beskermende honde is.
Ons het ‘n navraag gekry oor ‘n borgskap vir haar ‘training kit’ / oefenstel vir Zena van Genesis K9 Group waar sy en Louis Deysel, haar hanteerder en misdaadvoorkomingsvennoot, hulle opleiding gaan voltooi. Hierdie oefenstel gaan haar volledig toerus vir die groot verantwoordelikheid wat haar te wagte is as deel van ‘n groep mense wat wondere verrig ter wille van die veiligheid van ons gemeenskap.
GROOTfm 90.5 kon met behulp van donasies Zena se toerusting borg. Wat ‘n groot voorreg is dit vir ons om dit te kan doen, en om so ook ons dankbaarheid namens die gemeenskap aan julle te bewys.
Liewe span van KPS en Zena, mag julle van krag tot krag gaan deur Sy krag. Baie dankie vir dit wat julle vir ons gemeenskap doen, van sekuriteit tot liefdadigheid!
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Luister weer HIER: