You are currently viewing #JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…

Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met sirkulasie en amputasie gehad het, was sy dood ‘n groot en skielike verrassing. Wanda se hart is nog baie seer, en trek tans baie swaar met die dat sy ‘n klein inkomste verdien wat aan haar en veral haar seun se behoeftes moet voorsien. Wanda het ‘n groot druk nodig gehad…en GROOTfm 90.5 het gaan kuier.

Wanda se man, Craig, het op ‘n dag siekgeword en gekla oor lyfseer. Hulle was dokter toe, waarna die dokter hulle na die hospitaal verwys het. Hulle het nie medies nie, en is na Steve Biko toe. Dinsdagoggend het hulle na die hospitaal vertrek, met hulle seun wat gehelp het om sy pa in die voertuig te laai. Toe hulle by ongevalle arriveer, moes Craig eers ‘n Covid-toets doen. Craig, wat reeds ‘n geamputeerde toon gehad het as gevolg van sy diabetes, het genoem dat hy nie sy bene kan voel nie. Uiteindelik is hy na ‘n lang proses van Covid-vrywaring in ‘n hospitaalkamer in.

Hy is gelukkig toe op ‘n bed, maar nog steeds in isolasie as gevolg van ‘n vermoede dat hy aan breinvliesontsteking ly. Die dokters het toe agtergekom dat daar ‘n bloedklont in sy rug in geskiet het. Die dokter het vir Wanda later geskakel en ingelig dat hulle sy ‘gesonde’ been gaan amputeer. Hy het na hierdie amputasie septisemia gekry, wat gevolg het op ‘n rooi uitslag op sy vel. Wanda noem dat, toe die septisemia behandel is, dit baie beter gegaan het. Sy sê na 53 dae het sy vir die eerste keer hoop gehad! Kort hierna het hulle ‘n bloedklont in sy maag en buik, brein en in sy long is. Wanda kon sien hoe die voet waar sy toon geamputeer was, ‘n swart kleur ontwikkel. Die dokters wou hier ook amputeer, maar het daarteen besluit as gevolg van ‘n hoë infeksietelling.

Die hospitaalpersoneel het vir Craig later na ‘n ander kamer toe geskuif, en Wanda het probeer om weekliks by hom te gaan kuier. Toe sy op ‘n dag weer by hom kom kuier, op ‘n Vrydag, was sy geskok om te sien in watter toestand haar geliefde man is. Sy vertel ons hoe hy gesukkel het om asem te haal. Wanda was alleen daar, en wou nie gehad het haar seun moes sy pa so sien nie. Hy was baie deurmekaar, en het gesels oor sy weermag-dae. Hulle het hul kinders via ‘n video-oproep geskakel, en gehoor hoe Craig vir hul dogter vra om mooi na haar ma en broer te kyk.

22:20 daardie nag het Wanda die gevreesde oproep ontvang. Haar man, en die pappa van hulle twee pragtige kinders is weg. Haar emosies ry tans wipplank, en huil mamma Wanda in die stort sodat haar seun nie kan sien nie. Daar is tans ‘n paar bekommernisse wat in die vooruitsig vir Wanda loer. Skryfboeftes vir haar seun – hy gaan nou Gr11 toe. Sy is tans ‘n sweminstrukteur, en is baie dankbaar vir haar werk. Sy vind dit baie bevredigend om die kinders te sien groei. Dis net die ure wat tans ‘n uitdaging is, en die salaris wat nie tans al hulle uitgawes kan dek nie. Wanda het ‘n behoefte vir iets meer permanent, alhoewel sy ook besef sy is nie so rekenaar-vaardig soos vele beroepe van haar vereis om te wees nie. Sy is gretig om te leer, en weet sy moet haarself uitdaag en aanmoedig om iets vreesloos na te streef ter wille van haar en haar seun.

GROOTfm 90.5 het Madelein se hulpkreet gehoor, Wanda se seer eerstehands ervaar, en kon hulle toerus met ‘n R3 000 SPAR-geskenkbewys. Met behulp van donasies in ons omgee-rekening, en ‘n GEEmeenskap se bydraes, kon ons hulle ook toerus met twee maande se huur.

Liefste Wanda en jou pragtige gesin…Dis nie tyd wat genees nie, maar Sy teenwoordigheid, ontferming en bevestiging dat Hy julle nooit sal verlaat nie. Mag Sy vrede hierdie leemte, gelaat deur Craig se aardse afwesigheid, vul, en mag julle weer op jul voete beland. Hy sal hierdie pad plavei met Sy guns, en die gewaarwording Sy beloftes. Hy het julle toegerus vir hierdie hoofstuk. Stap dit in oorwinning. 

Fotos: Jislaaik-JA! Photography

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

Luister weer HIER:

Deel hierdie artikel

Leave a Reply