You are currently viewing #JouMenseMyMense saam met SPAR – Michelle Nel

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Michelle Nel

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Michelle Nel

‘n Vriendin van Michelle Nel, Ronel Strydom, het ‘n hulpkreet aan ons gerig oor haar vriendin wat in ‘n diep gat het. Sy is vir die afgelope 13 jaar enkelma, met drie kinders waarvoor sy ENIGIETS sal doen! Haar oudste dogter studeer tans by ‘n hotelskool, en dan het sy ‘n tweeling seun en dogter wat beide nog op skool is. Sy het haar werk verloor tydens die inperking, en net nog nie weer ‘n kans gekry om te werk nie, ondanks haar CV wat al na duisende instansies toe gestuur is. Sonder ‘n werk raak haar skuld net meer, en haar gat net dieper.

Michelle wil met haar hele hart weer op haar voete kom, ter wille van haar kinders. Haar huisskuld en kinders se skoolfonds is buite bereik van inhaal sonder ‘n vaste inkomste. Haar grootste wens om net weer te kan asemhaal, en sorgloos in ‘n borrelbad te lê.

Sy het ‘n besonderse CV en werkservaring, veral in die finansiële sektor.

Michelle gebruik ‘n hoepoe-voëltjie om haar situasie te verduidelik. Sy loer by die venster uit en sien ‘n hoepoe wat rondpik met die hoop dat hy iets sal raakpik. Sy dink aan haar situasie, en sal aanhou rondpik tot sy en haar kinders weer op hul voete is.

Ons het die voorreg gehad om vir Michelle ‘n R2 000-geskenkbewys van SPAR te gee, sowel as die skuld op haar seun se skoolfonds te vereffen.

‘n Woord wat vir ons uitgestaan het tydens die onderhoud, was ‘resilience’. Toe ons die Afrikaans daarvoor soek, sien ons dis veerkragtigheid. Die woord was so betekenisvol op hierdie oomblik, veral met Michelle se metafoor oor die hoepoe-voëltjie! Liewe Michelle, mag jy en jou kinders binnekort weer sorgloos VLIEG!

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

Luister weer HIER:

Deel hierdie artikel

Leave a Reply