You are currently viewing #JouMenseMyMense saam met SPAR – Die DRIE Musketeers kan weer heers

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Die DRIE Musketeers kan weer heers

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Die DRIE Musketeers kan weer heers

Hendry Botha woon saam met sy 77-jarige pa en 14-jarige seun. Beide Hendry en sy pa het ‘n werk, waarvoor hulle baie dankbaar is, maar, as gevolg van die inperking was albei in ‘n gat gedompel wat al dieper geraak het.

Hendry se pa is vir die afgelope 50 jaar ‘n haarkapper, en, nie net moes hy sy salon sluit tydens die inperking nie, maar ook toe hy met Covid 19 gediagnoseer is. Henry hanteer derde-party eise by die hospitaal, wat tans geen toegang toelaat nie. Sy werk vereis dat hy met pasiënte gesels, wat tans nie moontlik is nie, en wag hy nou buite die hospitaal om daar met hulle te gesels.

Sy seun is met ‘n defek gebore na komplikasies tydens ‘n nood-keiser, en is tans skoolgaande in Alma-skool. Sy hele linkerkant word geaffekteer, en, kan hy nie sy linkerarm, -hand of -been gebruik nie.

Die drie manne ondersteun en dra mekaar. Soos Hendry sê, ‘wanneer die een lê, staan die ander twee’.

Hulle het geweet dat die woonstel waarin hulle bly in Queenswood in die mark is, en wou begin huis soek. Hulle proses was ongelukkig vertraag met die dat hulle al drie vir ongeveer twee maande in isolasie was as gevolg van Covid 19. Toe die huis uiteindelik verkoop is ‘n week terug, toe raak dit ‘n realiteit dat hulle ‘n nuwe heenkome moet vind – voor 31 Augustus.

Hendry vertel vir ons dat hy tevergeefs na plekke gaan kyk het, met die wete dat hy nie die deposito saam met die eerste maand se huur kan bekostig nie. Hy vertel van ‘n ideale woonstel vir die drie manne, en die vrou in hulle lewe – Amy, die woef! Die woonstel is 500 m van Hendry se pa se salon, en, beskikbaar!

GROOTfm 90.5 het die oortuiging gehad om die drie musketeers en hulle Brankenjan te help met ‘n #HOOPstoot. Om Hendry, sy pa en sy seun uit hierdie gat te kry. Ons het met die eienaar van die woonstel geskakel, en gereël vir die deposito en twee maande se huur. Ons kon hulle ook, met die bydrae van SPAR, help met ‘n R1000-SPAR geskenkbewys.

Liewe Hendry, Oupa en seun…mag julle hierdie twee maande gebruik om verder te bou aan hierdie tweede kans. Mag julle dit doen met blymoedigheid, hoop, vertroue en veral geloof!

Fotos: Jislaai-JA! Photography

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

Luister weer HIER:

Deel hierdie artikel

Leave a Reply