#JouMenseMyMense – George Watson | 10 Junie 2026 | GROOTfm 90.5
Die 14-jarige George Watson is op ’n jaar en drie maande oud gediagnoseer met Dandy Walker Malformation Syndrome. George kan nie loop, praat of self eet nie, drink steeds tietie bottel, dra doeke en sy mylpale is soos dié van ’n baba tussen 6 en 12 maande.
Sy seizures het die afgelope tyd baie vererger en party aanvalle is so ernstig dat sy ouers hom gereeld hospitaal toe moet jaag. George sukkel ook soms met asemhaling en slaap daarom by sy ouers sodat hulle naby kan wees wanneer hy aanvalle kry. Die familie het onlangs ’n hoist ontvang waarvoor hulle ongelooflik dankbaar is. Hul grootste behoefte tans is ’n gepaste rolstoel wat George se postuur regop kan hou, aangesien sy huidige stoel nie meer geskik is nie.
Daar is ook gereelde neuroloog-afsprake en jaarlikse scans wat baie kostes meebring. Mamma en Pappa werk albei voltyds en het ’n wonderlike aupair wat help omsien na George. Sy 16-jarige sussie, Danielle, is ongelooflik lief vir haar boetie en help soos ’n tweede mamma. Hulle wil haar ook graag spesiaal laat voel en wys hoe waardeer sy is, sodat sy nooit uitgesluit of misgekyk voel nie. Die gesin probeer nog altyd self fondsinsamelings reël vir George se behoeftes, maar op hierdie stadium raak dit baie moeilik om alles by te hou.
George, Pappa George, Mamma Leonora en suster Danielle het by GROOTfm 90.5 kom kuier…
#gaanGROOT #GROOTverskil #Omgee #care #givingback #jouGROOTstefm
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel
