#JouMenseMyMense saam met SPAR – Angel
Martie Breedt het ‘n hulpkreet aan GROOTfm 90.5 gerig aangaande haar jongste dogter, Angel. Angel is gebore met ‘n waterhofie, en die jongste van vyf kinders (8).
Hulle grootste behoefte? ‘n ‘Hoist’ vir Angel wat teen ‘n spoed groei, wat dit moeilik maak vir Ma Martie om haar 24/7 op te tel, te dra en te bad. Pa Koos is ook swak as gevolg van emfiseem, waarmee hy onlangs gediagnoseer is. Die gesin ontvang ‘n SASSA-toelaag vir Angel, en Pa Koos doen houtwerk vir ‘n inkomste. As gevolg van Angel se mediese kondisie, word Martie en Koos met buitensporige finansiële uitgawes gekonfronteer. Angel drink ook formule melk, en dra doeke.
Ons kon sien hoe lief hulle vir haar is, en vir hulle ander vier kinders. Die dokter het met Angel se geboorte gesê sy gaan vir een-en-‘n-half-uur lewe…Agt jaar later, lê sy in haar stootwaentjie, klap hande, lag en gesels saam soos ons haar en haar gesin se storie hoor.
Ma Martie en Pa Kobus het met behulp van ‘n ondersteuningsnetwerk net meer as R10 000 kon insamel vir ‘n ‘hoist’ ter waarde van R32 500, wat deur CE Mobility vervaardig word. ‘n Goeie vriendin het ook vir hulle ‘n golfdag gehou.
GROOTfm 90.5 en WeBuyCars het vir hulle ‘n HOOPstoot gegee, en die res van die bedrag vir die ‘hoist’ betaal. Ons kon hulle ook Seën met ‘n R1 000 SPAR-geskenkbewys.
Liewe Breedt gesin, van Van Den Berg straat 177, Danville! Angel het reeds die medici verkeerd bewys. Ons kan nie wag om te hoor hoe julle, en haar lewe, ander nog gaan inspireer nie!
Fotos: Jislaai-JA! Photography
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Luister weer HIER: