#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n Geleen-TYD vir Ben en Donné
Donné en Ben het soos elke oggend wakker geword, maar, voor die ‘normaliteit’ van hulle daaglikse roetine een Vrydagoggend kon voortgaan, het Ben skielik ‘n beroerte gekry. Donne, wat haarself lam geskrik het, het dadelik ‘n ambulans gebel en binne hul woonstel-kompleks om hulp geskree. Die ambulans het na 30 minute daar arriveer, en moes Donne eers R4 000 betaal voor die mediese personeel Ben in die ambulans mag gelaai het. Intussen het Ben nog ‘n beroerte gehad.
Uiteindelik kom hulle by die hospitaal uit, waar Ben eers na die Covid-sale moes gaan vir ‘n toets. Hy bly hier tot en met die Sondag. Tot op hierdie stadium is hy behandel met pille, en toets toe gelukkig negatief. Donne gaan haal hom die Woensdag, en neem hom huis toe.
Ben is ‘n gekwalifiseerde pastoor, rekenmeester en horlosie-maker en -restoureerder. Hy het ‘n groot liefde en passie, om nie net horlosies te restoureer nie, maar, mense – met sy geloof in Woord en Waarheid. Hy droom tans oor die mense in die Covid-sale, getraumatiseerd oor dit wat hy ook daar ervaar het, en glo dat die Here hom weer soontoe gaan stuur. Die keer, om te bedien en te bemoedig.
Hy praat stadig, want die skade is groot. Maar, die een woord wat hy duidelik geuiter het tydens ons kuier na die vraag, ‘hoe voel hy oor dit wat met hom gebeur het’, was ‘opportunity’. Ja, hy is kwaad, maar nie vir die Here nie. Hy is kwaad dat Hy nie sy vriende elke oggend met ‘n selfoonboodskap kan groet nie. Gefrustreerd omdat Donne nou na hom moet omsien, en nie andersom nie. Die afgelope twee jaar was nie goed vir hulle wat besigheid en inkomste betref nie. Donne het na ‘n bejaarde vrou omgesien en verdien SASSA-pensioen, en Ben se horlosie-besigheid het minimaal tot geen inkomste gein nie.
Ons het die voorreg gehad om vir hulle te bid, en aan hulle twee die volgende boodskap te gee: ‘Donné and Ben, the unpredictability of this wonderful life, is what makes it so fascinating, yet filled with uncertainties. Know that God, your Father, who loves you and Ben so much, has already equipped you for this journey, even though one’s perspective is blurred because of all the trauma and stress. In Joh 16:33 He says: There will be trials and tribulations, but take heart, for I have overcome the world. Believe that He has not forsaken nor left you. He will never! Believe that He wants to see you prosper. Believe what your Father believes about your and Ben’s life.’
Ons het ook die voorreg gehad om vir hulle R1 500-SPAR geskenkbewys te gee. R10 000 met behulp en liefde van Ecomed Medical. Ecomed Medical was so geraak deur wat gebeur het, die sklielike, onomkeerbare oomblik van Ben se beroertes, dat hulle ook aangebied het om vir Donné en Ben ‘n skenking van R10 000 te maak tot en met Desember 2023.
Liewe Donné en Ben, ondanks die mees onlangse prognose – dat Ben weer moet leer loop en praat, en, dat hy heel moontlik nie weer sy liefde en passie as horlosie-maker en restoureerder sal kan beoefen nie, weet ons, God is nie net ons groot voorsiener nie, maar, die grootste en enigste geneesheer. Ons glo Hy gaan Ben se grond- en saaigebied vergroot. En, ons weet dat Ben hierdie nuwe geleen-TYD met ‘n gesonde brein en gesonde hande gaan omhels, want sy geloof is reeds daar. Ons bid vir jou rehablitasie, Ben! Ook vir jou, Donne, vir bonatuurlike krag soos jy na Ben omsien en hom ondersteun. Julle tyd hier, en met mekaar, is nog lank nie klaar nie.
Fotos: Jislaaik-JA! Photography
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Luister weer HIER: