#JouMenseMyMense – Oom Rudi Botha word 80!
Rudi Botha het op 19 Maart 2024 sy 80ste verjaarsdag gevier. Hy het sy eie salon in Waverley, Pretoria, en is nog steeds werksaam. Hy is al vanaf 1978 by die salon, wat beteken dis al die afgelope 46 jaar sy groot trots. Sy seun, Hendry, het ‘n versoek gerig vir ‘n huldeblyk aan sy pa, wat hy beskryf as sy steunpilaar, veral na sy ma se afsterwe in 2015. Rudi, sy seun en kleinseun deel tans ‘n woonstel, en noem hulleself die drie musketeers. Hierdie is ‘n oupa en pa wat sy alles vir sy seun en kleinseun gee en doen. Hy en Hendry het by GROOTfm 90.5 kom kuier…
Om aan te teken by ons YouTube kanaal, klik hier: / @grootfmtv
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel