#JouMenseMyMense saam met SPAR – Wanneer hoop die eintlike pasaangeër is
Thea Schroder is ‘n enkelmamma en het die rol as weduwee in 2009 begin speel nadat haar man aan kanker oorlede is. Haar dogter, Demi, was drie-jaar oud. Haar grootste uitdaging tans is finansieel, met die dat sy van twee na een inkomste per maand moet oorleef. Buiten die groot hartseer waarmee sy en haar dogter gekonfronteer is, het Demi op die ouderdom van 10 ‘n blaasprobleem ontwikkel. Haar blaas lek heeltyd, en die diagnose word ‘n “overactive bladder” genoem. Dit gebeur wanneer die senuwee van die blaas beheer het op die saamtrek-reaksie nie. Demi moes elke dag, 24 uur, 7dae week ‘n “pantyliner” gedra het. As sy te lank gewag het om die “pantyliner” te verander , soos as sy in die skool is, het die urine haar gebrand.
Thea en Demi het ‘n uroloog gaan sien en medikasie probeer. Nadat dit nie suksesvol was nie, is die opsie van ‘n operasie aan hulle voorglê. Die operasie behels ‘n 2-fase-proses om ‘n pasaangeër in te plant om die sametrekking van die senuwee basies oor te neem. Fase-1 is gedoen in Januarie vanjaar, en Fase-2 in Februarie. Dit was ‘n sukses. Demi se blaas lek glad nie meer nie, en kan sy vir die eerste keer in ses jaar ‘n normale lewe lei.
Die groot bekommernis nou, is dat Thea se mediese fonds nie die tweede fase van die operasie dek nie. Die totale koste van die pasaangeër beloop R70 000. Thea en Demi het toe ‘n markdag gehou, looitjies verkoop van ‘n geborgde skaap, en artikels in die plaaslike koerant geplaas met hul pleidooi. Familie en vriende het skenkings gemaak, en Demi het van haar kunswerke verkoop om hierdie bedrag in te samel. Met laasgenoemde, kon hulle sowat R38 000 insamel.
Thea het ons genader om te help met ‘n fondsinsameling. Ons kon nie daarmee help nie, maar, ons kon die verskil help betaal. Omdat Thea en Demi reeds so proaktief was, en gedoen het wat hulle kon om die pasaangeër te betaal, het GROOTfm 90.5 besluit om vir hulle ‘n #HOOPstoot te gee en die uitstaande bedrag te vereffen, saam met ‘n R1 500 SPAR-geskenkbewys.
Thea en Demi kon nog nie die ware omvang van hierdie oorwinning vier nie, omdat die bekommernis van die uitstaande bedrag nog oor hulle koppe gehang het.
Liewe Thea en Demi, geniet hierdie volgende hoofstuk van julle lewe. Dankie Demi, dat jy met soveel vrymoedigheid in jou kwesbaarheid jou oorwinning met ons gedeel het. Hierdie twee is ‘n voorbeeld van hoe ‘n ma en dogter verhouding moet wees. Julle blymoedigheid en vreugde is aansteeklik. Dankie dat die omstandighede waarmee julle gekonfronteer is, julle nie vir een oomblik teruggehou het om aan te hou moedhou nie! Aan te hou hoop, glo e naan te hou lewe nie! Dit was ‘n groot voorreg om julle te ontmoet en om vir julle ‘n #HOOPstoot te kon gee. Die Here maak die afsprake, en ons sien elke keer hoekom!
Fotos: Jislaaik-JA! Photography
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Luister weer HIER: