#JouMenseMyMense – Jong seun sterf in fratsongeluk
Die Muller en Van Metzinger-gesin is een week gelede deur geweldige trauma en hartseer, met die dood van Mariette se seun, en Surita se broer, Armand. Die 15-jarige Armand, wat ten tye van sy dood ‘n leerling was in HTS John Voster, is verlede Vrydag tot ruste gelê nadat hy van ‘n voertuig afgeval het terwyl Surita en Manie besig was met vullis-verwydering – hoe hulle tans ‘n inkomste verdien. Finansieel gaan dit baie swaar, en doen die gesin wat hulle kan om ‘n inkomste te genereer. Behalwe vir die vullis-verwydering, verkoop hulle groente en waatlemoene langs die pad. Hulle het hulp ontvang met Armand se begrafnis, onder andere van Lize Bothma Begrafnisondernemers. Hulle is ‘n groot gesin van 14 mense wat tans saam bly, met beide pappas wat oorlede is – Armand se pa in 2017, en Manie se pa in 2021. Surita en Manie ondersteun almal maandeliks met kos en ‘n dak oor hulle koppe. Ma Mariette, Suster en Dogter Surita, en Swaer Manie het by GROOTfm 90.5 kom kuier…
Om aan te teken by ons YouTube kanaal, klik hier: / @grootfmtv
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel