You are currently viewing #JouMenseMyMense saam met SPAR – Die Seeley-tweeling

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Die Seeley-tweeling

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Die Seeley-tweeling

Helga van Zyl en Tabitha Janse van Rensburg het ‘n epos aan GROOTfm 90.5 gestuur en ‘n storie vertel van ‘n gesin van vyf. Mamma Deolien, Pappa Kevin, boetie Keegan en sy tweeling sussies, Kaylea en Kaylyn. Hulle het ‘n groot storie, wat binnekort ‘n nog groter getuienis gaan wees. Onsekerheid heers, maar hulle geloof oorheers. Ons het gaan kuier…

Op 1 Desember 2021 het die Seeley-gesin se lewe drasties verander. Kaylea, een van die tweeling het begin siek voel. Sy was moeg en het hoofpyn begin kry. Sy het laat middag saam met haar sussie en boetie geswem toe sy ‘n “aanval” kry in die swembad. Gelukkig het sy haar “life jacket” aangehad. Sy was lam, kon glad nie beweeg nie en haar regter been het styf getrek.

Mamma Deolien neem haar toe dadelik na ongevalle toe, waar sy opgeneem word. Die Pediater doen toetse, MRI en ‘n “Lumber Puncture”. Die MRI-verslag wys konvulsie, en dat die linkerkant van haar brein geswel is.

Volgens die Pediater het Kaylea ‘n Epileptiese aanval gehad, waarvan die oorsaak onbekend is. Kaylea was vir sewe weke in en uit die hospitaal. Sy is deur verskeie dokters behandel en ondersoek – Pediater, Neurologiese Pediater en Oog-Spesialis. Kaylea is deur 3x “Lumbar Punctures”, 3x MRI’s en ongelooflik baie buisies bloed wat getoets is. Kaylea het haar sig op ‘n stadium verloor as gevolg van die drukking op haar oë en brein.

Na al die toetse kan die Pediaters nog steeds nie vasstel wat fout is met haar nie, alhoewel haar diagnose dui op ‘n Neurologiese immuunsiekte is (ADEM), “Optic Neoritis”. Sy word tans behandel met onder andere sterk kortisoon. Haar lyfie en gemoed het drasties verander.

In Junie 2022 het Kaylyn die ander tweeling-sussie begin hoofpyn kry en bewe.

Hulle neem haar na ‘n oogspesialis toe vir ‘n oogtoets. Kaylyn het drukking op haar oë en slegs 50% visie. Sy word dadelik opgeneem, bloedtoetse word geneem, ‘n MRI-skandering en “Lumber Puncture” word gedoen. Die Neurologiese Pediater bevestig dat Kaylyn dieselfde simptone toon as Kaylea. Haar diagnose is gedeeltelik ook “Optic Neuritis”. Hulle beweer dis geneties.

Die tweeling se diagnose is steeds onbekend, en blyk dit neurologies van aard is. Die toestand val hulle ogies aan, en kan die tweeling blind word indien daar nie spoedig ‘n diagnose gemaak word nie.

Neurologiese Pediaters, Professors en Oog-Spesialiste werk tans almal saam om vas te stel wat fout is met die tweeling en wat presies hulle simptome veroorsaak. Hulle is ook besig met professors in Kanada.

Die Seeley-gesin het ‘n mediese fonds, maar nie al die prosedures word deur die fonds gedek nie. Hulle is proaktief as dit kom by die insameling van fondse om die rekeninge en hulle skuld te delf. Met behulp van Mamma Deolien se suster, Nadine, kon hulle al ‘n groot gedeelte van die rekening en skuld delf, deur middel van fondsinsamelings-funksies, maar skuld nog ongeveer R60 000.

Die gesin het al hulle motors verkoop, en verskeie meubelstukke. Deolien raak emosioneel as sy vertel dat die huis al is wat hulle het, buiten mekaar natuurlik. Behalwe vir die onsekerheid oor hoe hulle gaan bybly by finansiële uitgawes, vaar hulle elke dag in met die onsekerheid van Kaylea en Kaylyn se diagnose. Die tweeling moet elke ses maande ‘n nuwe bril kry, al verswak hulle oë weekliks.

GROOTfm 90.5 kon met behulp van SPAR vir die gesin ‘n R1 500 geskenkbewys skenk, saam met ‘n R2 000 elektrisiteitsbewys. Immunadue het ‘n R1 000 ToysRUs geskenkbewys vir ‘n oorwinningsbederf vir julle drie kinders gegee, en danksy ‘n skenking van Ecomed Medical kon ons ‘n bydrae van R5 000 maak ten bate van hulle mediese skuld.

Hulle geloof is aansteeklik en inspirerend. Ons kan nou saam met hulle glo en vertrou en bid – met danksegging en smeking. Ons is saam met hulle dankbaar vir die oorwinnings wat Hy al namens hulle behaal het. Vir ‘n span spesialiste wat hard werk om antwoorde te bring. Vir familie en vriende, en ‘n ondersteuningsnetwerk wat saam met hulle hierdie linie vorm. Dankbaar vir werkgewers wat verstaan as hulle moet vroëer ry, of skielik moet verlof neem. Bo alles, is ons saam met hierdie pragtie gesin dankbaar vir die helder vooruitsig van genesing, en BAIE GROOT getuienis.

Ons beaam die skrifgedeelte wat hulle vriendin, Helga van Zyl, met ons gedeel het, wat lees:

2 Samuel 22: 2 en 3 –

Die Here is my rots, my skuilplek en my redder, my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige vesting, my toevlug en bevryder.

Vir meer inligting oor die gesin, en die oorwinningspad wat die tweeling stap, besoek hulle Facebook-blad by: https://www.facebook.com/profile.php?id=100084235629980.

Om betrokke te raak, skakel vir Nadine le Roux by 084 595 8650.

Fotos: Jislaaik-JA! Photography

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

Luister weer HIER:

Deel hierdie artikel

Leave a Reply