You are currently viewing #JouMenseMyMense – Mediese hulp vir Ruan

#JouMenseMyMense – Mediese hulp vir Ruan

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Mediese hulp vir Ruan

Ruan Swart kry mediese hulp. Hier is ‘n uittreksel uit ‘n brief geskryf deur ‘n desperate mamma en pappa… As ouers breek ons harte om magteloos te sien hoe ons kind in pyn lewe en daaglliks sukkel. Ons gesin se inkomste stel ons nie instaat om ‘n mediese fonds te kan bekostig nie. As Pa, is ek in aankope en verkope sedert die Covid 19-inperking. Ek koop tweehandse klere, meubels, kombuisware en elektroniese toestelle aan. Ek staan elke dag by my kar in Van der Hoff weg en verkoop uit my kar uit die voorraad wat ek bymekaar kon maak. Ek slaag daarin om my gesin van 6 aan die lewe te hou. Sedert Covid doen ek enige iets om my gesin aan die gang te hou. Vandag is ek so trots op my kinders.

Ek doen my bes as Pa om te voorsien vir my gesin en vir hulle die beste te gee. Dit breek my hart om te sien hoe my seun net soos ek in my kinderjare in pyn lewe. Die wete dat daar ‘n manier is om sy probleem aan te spreek deur ‘n operasie maar ons nie daarin slaag om dit gereël te kry nie breek my hart en laat my voel asof ek misluk as Pa. Gister vra Ruan vir my om vir hom ‘n rugby-bal te koop. Ek moes in my eie worsteling probeer verduidelik aan hom hoekom ons moet wag tot na die operasie. My vrees is dat hierdie operasie, volgens die ontvangsdame by Steve Biko, eers oor twee jaar gaan realiseer. As Ma, is dit my voorreg om ‘n huisma te wees en elke dag by my kinders (Marizaan 14, Ruan 8, Zandrie 2 en Zian 1) te wees.

Alhoewel ons gesin ‘n tweede inkomste bitter nodig het. Dit is nie altyd maklik om huis skoon te maak en vir almal daar te wees met die twee klein kindertjies nie. My hart breek om my 8-jarige seun te sien ly en lewe in pyn. Ek kan sien hoe swaar dit vir hom is en hoe ongemaklik hy met tye is. Dit breek my hart om die heeltyd nee te sê as hy wil deelneem aan sport. Ek probeer ook die heeltyd hom rustig hou. Dit maak my bekommerd dat hy skolasties agteruit gaan en selfs sy rapporte slegter raak. My kind het baie potensiaal en dit voel vir my as iemand ons nie gaan help nie al hierdie potensiaal verlore gaan raak. O

ns het hulp nodig om druk te plaas op die staatshospitaal sodat ‘n operasie binnekort kan realiseer of om ‘n alternatiewe hospitaal te kry wat bereid is om ons te help. Ons finansies stel ons nie instaat om dit privaat te laat doen nie. Ons harte breek vir ons kind en dus vra ons u hulp. Ons bid elke dag dat die Here vir ons ‘n plan gee of vir ons ‘n deur oopmaak om ons kind te help. Groete, hoop en dankbaarheid.

Riaan en Alta Swart Die Swart-gesin by GROOTfm 90.5 kom kuier…

Om aan te teken by ons YouTube kanaal, klik hier:    / @grootfmtv  

Kyk HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

Deel hierdie artikel

Leave a Reply