#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘Geen geld, net ‘n enjin…’
Katrien en GROOTfm 90.5 gesels reeds van verlede jaar af…Katrien se hulpkreet se titel was: ‘Geen geld net ‘n ENGIN vir ons Bakkie’. Katrien en Rudi is in ‘n diep gat. Verlede jaar, met ‘n kuier by Rudi se ma in Vanderbijlpark, het ‘n groot deel van hulle inkomste weggeval toe die enjin van hulle voertuig breek. Rudi het nie net vullisverwydering gedoen vir hulle eie brood en botter nie, maar ook vir ‘n man wat op straat woon vir wie julle ‘n werkie kon bied. Rudi het hierdie werk begin toe hy in Februarie verlede jaar afgelas is weens Covid 19. Na die uitstuur van ‘n magdom CV’s om vir Rudi ‘n nuwe werk te kry, en geen reaksie nie, sit hulle met hulle hande in hulle hare, met bekommernisse, maar ook met hoop. Dis min, maar dis daar! Ja, soms is dit maklik om te sê dat iemand ‘n plan moet maak en moet proaktief wees. Maar soms, het iemand net ‘n HOOPstoot nodig, ‘n vertrekpunt na ‘n volgende hoofstuk. GROOTfm 90.5 het gaan kuier.
Die motorwerktuigkundige waar Katrien en Rudi se voertuig staan, het genoem dat die werk aan die enjin tevergeefs sal wees, en stel voor dat hulle die hele enjin vervang. Die koste hiervan is net minder as R50 000.
Katrien is tans die enigste broodwinner, en is dankbaar vir familie en vriende wat hulle ondersteun so ver hulle kan, en die skool waarin haar dogter is.
Ja, soms is dit maklik om te sê dat iemand ‘n plan moet maak en moet proaktief wees. Maar soms, het iemand net ‘n HOOPstoot nodig, ‘n vertrekpunt na ‘n volgende hoofstuk. GROOTfm 90.5 het gaan kuier.
Ons kon die gesin ondersteun met ‘n R1 500 geskenkbewys van SPAR. ‘n R2000-elektrisiteitsbewys te danke aan ‘n skenking van die Vryheid Koffie Kompanjie. En dan, kon ons nie die volle bedrag van die enjin dek nie…maar ons kon solank help met ‘n hoopstoot van R10 000, en dit van ‘n skenking van Ecomed Medical.
Geliefde Katrien en Rudi. Dankie dat julle vir mekaar lief is. Vir mekaar daar is. Vir julle kinders dit gee wat die wêreld of enige geld nooit kan nie, onvoorwaardelike liefde! Moenie toelaat dat julle bekommernisse en duistere vooruitsigte julle identiteit in Christus bedreig of oorskadu nie. Dis Sy planne vir julle wat sal seëvier, heers EN oorheers. Begin nou reeds solank floreer in die voorspoed wat Hy belowe. Binnekort sal dit nie meer ‘n vooruitsig of strewe wees nie, maar deel van julle lewe!
Fotos: Jislaaik-JA! Photography
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Luister weer HIER: