You are currently viewing #JouMenseMyMense – Dogter met kanker kry hulp

#JouMenseMyMense – Dogter met kanker kry hulp

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense  – Dogter met kanker kry hulp

Demi is ‘n dogter met Ewing Sarcoma-kanker. Sy is ‘n liefdevolle, vriendelike en energieke Gr 5-leerder van Laerskool Mayville in Pretoria. Aan die einde van 2022 is sy met Ewing Sarcoma-kanker gediagnoseer. Ewing Sarcoma-kanker is ‘n rare kanker wat sy oorsprong vind in die beenstruktuur en sagteweefsel van die liggaam.

Haar behandeling het in Januarie 2023 begin waar sy tans chemoterapie by Steve Biko-hospitaal in Pretoria ontvang. Demi het ‘n paar terugslae gehad vandat sy gediagnoseer is, maar het dit moedig oorkom.

Demi en haar Mamma het by GROOTfm 90.5 kom kuier. Gerhard van der Westhuizen van Atterbury Trust het ‘n skenking van R50,000 gemaak om die gesin te ondersteun. Baie dankie vir julle ondersteuning, Atterbury Trust!

Om aan te teken by ons YouTube kanaal, klik hier:    / @grootfmtv  

Kyk HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

Deel hierdie artikel

Leave a Reply