#JouMenseMyMense – R60,000 donasie van We Buy Cars vir Portia se skoolfooie
We Buy Cars het R60,000 geskenk vir Portia se skoolfooie vir die jaar 2023. Mignonne de Jager, van Dox Deo Gemeente, Parkview, het ‘n versoek aan ons gerig namens Rhythm of Hope, ‘n nie-winsgewende organisasie wat talentvolle dansers befonds – om ten einde dié jongmense uit hulle huidige omstandighede te verwyder en nuwe ambisie en hoop te gee vir ‘n toekoms en platform waarop en waarin hulle hul danspotensiaal kan ontwikkel en optimaliseer.
Portia Tabola, tans woonagtig in Plastic View, is een van hierdie talentvolle dogters. Portia is tans ‘n Graad 11-leerder aan die Pro Arte skool vir uitvoerende sowel as skilderkuns en het verlede jaar daar aangesluit. Volgens Mignonne stap die span van Rhythm of Hope al jare ‘n pad saam met hierdie meisies, en hierdie dogter is regtig spesiaal, met soveel talent en vooruitsig. Sy het ongelukkig net nie die geleenthede nie. Die omstandighede in Plastic View, saam met Vervoer- en finansiële uitdagings stuit egter nie haar passie vir dans of die lewe nie.
Portia en Thalita het by GROOTfm 90.5 kom kuier.
Om aan te teken by ons YouTube kanaal, klik hier: / @grootfmtv
Kyk HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel