You are currently viewing #JouMenseMyMense – Tannie Bets | GROOTfm 90.5 | 8 Oktober 2025

#JouMenseMyMense – Tannie Bets | GROOTfm 90.5 | 8 Oktober 2025

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Tannie Bets | 8 Oktober 2025  | GROOTfm 90.5

Wilma van Heerden het na GROOTfm 90.5 uitgereik met ’n versoek vir Tannie Bets. Wilma, wat ’n tuisversorger is vir ’n dierbare 81-jarige Tannie, by wie sy ook woon, het Tannie Bets, wat op 22 Augustus 80 geword het, leer ken met dié dat sy saam op Woensdae-middae bordspeletjies speel. Wilma sê Tannie Bets het ’n baie spesiale plek in almal se harte.

Sy is ’n weduwee vanaf September 2020 en moes haar mediese fonds September 2024 kanselleer omdat dit net eenvoudig te duur geraak het, en sy dit nie meer kon bekostig het nie. Sy is ’n sagte siel met ’n pragtige persoonlikheid – altyd vol humor en het altyd ’n glimlag op haar gesig. Maar, haar gehoor het baie agteruitgegaan, en ek sien hoe sy sukkel om by gesprekke in te val as ons speel.

Tannie Bets lei ’n onbaatsugtige lewe, met haar seun, skoondogter en drie kleinkinders wat ook by haar woon in ’n ouerige, donker huisie in die Noorde van Pretoria. Sy verhuur ook tuinwoonstelle uit, maar het al menigte kere huilend by die samekoms aangekom oor iemand wat net getrek het sonder om haar te betaal. Bets se enigste seun en sy vrou met 2 kinders bly in een woonstel, met voorwaarde dat hy instandhouding moet doen op die perseel.

Werk vir n klein salaris. Het nog een kind opskool. Die een kleinseun woon by Bets in die huis. Die fondse wat Bets oorhet na haar totale uitawes, koop sy pasta en maalvleis, kook en vries dit vir ete elke dag se eet. Graanpap en brood is ook ‘n daaglikse uitgawe. Tannie Bets en Wilma het by GROOTfm 90.5 kom kuier…

#gaanGROOT #GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie

Luister HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

 

Deel hierdie artikel