You are currently viewing #JouMenseMyMense saam met SPAR – Haal net asem

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Haal net asem

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense saam met SPAR – Haal net asem

Salomé Brits, het ‘n epos gestuur en ons vertel van haar vriendin Gerda Oosthuizen. Van haar positiewe uitkyk op die lewe, haar lewensvreugde, haar omgee-hart, en haar seldsame longsiekte. Sy het ons vertel dat Gerda tans minder as 30% longfunksie het en in haar woorde, ‘moet betaal vir iets wat die Here eintlik gratis vir ons gee’.

Gerda en haar man, Gerhard, probeer tans kop bo water hou deur ‘fudge’ te verkoop – aangesien Gerda nie kan werk nie. Sy moet permanent haar suurstof-tenk by haar hê, wat ook haar beweeglikheid beinvloed en beperk.

Haar grootste maandelikse uitgawe is haar suurstof, iets wat ons so maklik vanselfsprekend en voor die hand liggend aanvaar. Haar grootste wens is om ‘n groter, statiese suurstoftenk te kan bekostig, dan hou die suurstof ook langer. Hierdie tenk kos R30 000.

Nie net het Gerda ‘n kroniese longsiekte nie, maar is ook siggestremd met ongeveer 5% sig in haar oë. Sy noem dat daar ‘n voordeel hieraan is – ALMAL is vir haar mooi! Sy sien nie die merkies of plooie of pigmente nie, net die volheid van mense se skoonheid. Dit wat sy sien is inderdaad gevestig in haar geestesoë, en nie haar oë nie. Haar sig word bepaal deur die waarheid wat in haar hart lê. Sy sal enigiets vir iemand doen!

So rukkie gelede het ‘n anonieme skenker GROOTfm 90.5 gekontak en R15 000 oorbetaal. Toe ons Gerda se storie lees, het ons met oortuiging Gerda se storie aan die skenker gestuur, en, met oortuiging het haar antwoord teruggekom: ‘Dis die een’!

Ons kon haar ook Seën met ‘n R1 000-geskenkbewys van SPAR.

Gerda, dankie dat jy leef! In HOOFLETTERS! Dankie dat jy lag ten spyte van soveel redes om te huil! Dankie dat jy bly staan ten spyte van soveel redes om te bly lê! Dankie Gerda, dat jy ons, en soveel ander met jou verhaal en storie inspireer!

 Fotos: Jislaai-JA! Photography

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

Luister weer HIER:

Deel hierdie artikel

Leave a Reply