#JouMenseMyMense – Vrou se stryd met selfmoordgedagtes
Vrou Oorwin die Dood deur haar stryd met selfmoordgedagtes te oorkom. Patrys is ‘n Mamma wat deur baie mishandeling, vernaamlik gesins- en kindermishandeling is. Haar man het haar verneuk met haar beste vriendin, en hulle is geskei. Sy is tans ‘n enkelmamma van vier kinders, met een van haar kinders wat tans in pleegsorg is, omdat mamma ook vir haar ‘n beter toekoms wil hê. Patrys is deur baie in haar lewe, maar die grootste bly ‘n verdoemende samelewing, en wanpersepsie oor mense wat finansieel arm is. Wat maak ‘hulle’ nou eintlik anders? ‘Hulle’ is dan ook PERFEK geskape?! Hoekom moet ‘hulle’ meer gebroke wees as die wat wel ‘n geldjie in die bank het? Hoekom is ‘hulle’ sleg? Min mense weet presies hoe dit voel om nie kos in die huis te hê nie. GROOTfm 90.5 het vir Hester “Patrys” Groenewald die geleentheid gegee om ons te vertel presies hoe dit voel.
Om aan te teken by ons YouTube kanaal, klik hier: / @grootfmtv
Kyk HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel