You are currently viewing #JouMenseMyMense – Bejaardes Kry GROOT Hulp

#JouMenseMyMense – Bejaardes Kry GROOT Hulp

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Bejaardes Kry GROOT Hulp

Tannie Tienie Duvenage (81) het die inwoners van Huis Beterskap onder haar vlerk geneem. Sy ‘bedel’ vir hulle, en gee haar alles vir hulle! Hulle het niemand nie, en sommige van die 54 inwoners ontvang SASSA, waarmee hulle R500 huur betaal. Al hulle pille, kos en klere kom ook uit dit wat oor is van hulle SASSA-geld. Huis Beterskap is een van SEWE munisipale tehuise, en daar is tans vier pare mense wat kosmaak met kookwater. Hulle ontvang hier en daar kossies van Kairos, wat hulle dan met kookwater warm maak. Daar is BAIE behoeftes, onder andere vars kos, klere, medikasie en ‘n rolstoel. Die vier pare wat van hulle ketels afhanklik is vir kosmaak, het ‘n groot behoefte aan stofies. Die grootste behoefte van al die inwoners van Huis Beterskap, en die ander munisipale huise, is liefde, aangesien baie inwoners deur hul familie verwerp is. Tannie Tienie en Lizelle van Kairos het by GROOTfm 90.5 kom kuier…

Om aan te teken by ons YouTube kanaal, klik hier:    / @grootfmtv  

Kyk HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

Deel hierdie artikel

Leave a Reply