#JouMenseMyMense – Marthie Rietchard kry tweede asem!
Marthie Rietchard, of soos meeste haar ken Mart. n Mamma van drie pragtige kinders en vrou aan haar man (Tjaart). Haar hande het nog nooit krom getrek vir enige werk nie. Hart van goud en geliefd deur almal wat haar ontmoet. In Maart 2021 is Mart gediagnoseer met Tripple Negative/Myoepithelial Carcinoma Borskanker (Stage2) in haar linker bors. Sy het met Chemo begin, April en toe in September het sy ‘n dubble mastektomie ondergaan. Desember het sy ook 25 radiasie sessies ontvang. Mart was vir ‘n jaar en 3 maande in remissie, en sy het elke 3 to 6 maande gegaan vir haar check-ups. Maart 2023 was sy weer vir opvolg toetse en scans… X-strale het kolle opgetel op haar long en die CT scan het dit bevestig. Die dokters wil haar nie weer op chemo nou sit nie en stel voor om eerder Immunoterapie (Keytruda) te doen. Die Keytruda kos R100 000 per behandeling elke 3 weke, wat sy sover 6 keer sal benodig. Mart het by GROOTfm 90.5 kom kuier…
Om aan te teken by ons YouTube kanaal, klik hier: / @grootfmtv
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel