You are currently viewing #JouMenseMyMense – Ouma breek haar heup

#JouMenseMyMense – Ouma breek haar heup

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Ouma breek haar heup

Esmari le Roux het ons gekontak met ‘n versoek. 15 jaar gelede het sy vir Ouma Sophie en Oom Monriek ontmoet. Ouma Sophie en Oom Monriek was vroeër onderwysers wat baie diep spore in baie mense se lewens getrap het. Hulle het ook met Yorkies geteel, en dis hoe Esmari hulle ontmoet het. Die honde het ongelukkig katgriep gekry, en Ouma Sophie en Oom Monriek het ‘n massiewe verlies gelei, en amper alles wat hulle gehad het verloor. Ouma Sophie en Oom Monriek het 3 kinders gehad. Haar dogter is ongeveer 20 jaar gelede in ‘n plaasaanval oorlede en haar een seun is oorlede terwyl hy in die Kaap aan ‘n maraton deelgeneem het. Ouma Sophie het so 3 weke terug die motorhek, waar hul tans bly, by hul enigste oorblywende seun op Rayton, oop en toe gemaak, toe die baie swaar staal hek op haar val. Hulle kry net Sassa, het geen mediese fonds nie, so sy is na die Mamelodi hospitaal toe. Hulle het X-strale geneem en gesien dat haar heup op 2 plekke gebreek is. Sy is 79 en hulle het haar huis toe gestuur, want hulle kan nie nou opereer nie. Sy ervaar tans baie pyn. Hulle het ‘n skenking van ‘n spesiale matras ontvang, ook om bedsere te voorkom, en bietjie verligting op haar heupe te bied. Hulle het ‘n baie groot behoefte aan doeke en ‘wet wipes’, want met hulle SASSA-toelaag, bly daar skaars iets oor om kos en medisyne te koop. Esmari het by GROOTfm 90.5 kom kuier.

Om aan te teken by ons YouTube kanaal, klik hier:    / @grootfmtv  

Luister HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

 

Deel hierdie artikel

Leave a Reply