You are currently viewing #JouMenseMyMense – Klein Handre se glimlag van hoop 

#JouMenseMyMense – Klein Handre se glimlag van hoop 

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Klein Handre se glimlag van hoop 

Handre is op 32 weke gebore aan die einde van vlak vier inperking, en na 28 dae in die intensiewe eenheid het hy teruggekeer huis toe. Hy het vir die eerste ses maande van sy lewe net gehuil. Annemarie het in haar hart geweet iets is nie reg nie… Hulle het vir Handre na ‘n pediater in Alberton geneem, en na verskeie toetse is Hanre gediagnoseer met serebrale gestremdheid. Dis nie al nie. Hy is hiermee saam gediagnoseer as ‘n spastiese kwadropleeg, met breinskade wat so drasties is, dat die dokters voorspel het hy nie eers sal kan glimlag nie. Maar, ten spyte van sy diagnose en prognose, kan hy lag! Hy kan selfs al ‘n paar tree loop! Alhoewel sy toestand egter intussen verswak het, is die gesin hoopvol dat dit weer sal beter gaan. Met die regte toerusting en terapie, bo alles geloof, sal Hanre se gesondheid verbeter. Opgee vir Annemarie en Jaco is nie ‘n opsie nie! Hulle het by GROOTfm 90.5 kom kuier.

Om aan te teken by ons YouTube kanaal, klik hier:    / @grootfmtv  

Luister HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

 

Deel hierdie artikel

Leave a Reply