You are currently viewing #JouMenseMyMense – Louise en Lilanie | GROOTfm 90.5 | 14 Mei 2025

#JouMenseMyMense – Louise en Lilanie | GROOTfm 90.5 | 14 Mei 2025

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Louise en Lilanie | 4 Junie 2025 | GROOTfm 90.5

Louise Blignaut is ‘n mamma van ‘n baie spesiale dogter, Lilanie. Sy is gebore op 28 Desember 2021, en op 9 maande het Ma Lilanie besef iets is nie reg nie. Na talle dokters vir haar gesê het sy is net paranoies, het sy uiteindelik besluit dat sy dit nie net daar gaan los nie. Lilanie is getoets vir Spina Bifida, en dit was negatief. Die toetse en vrae het vir ’n ruk lank aangehou, en uiteindelik, net voor Lilanie se tweede verjaarsdag, is sy gediagnoseer met SMA (spinal muscular atrophy) ‘n genetiese afwyking wat progressiewe spierswakheid en atrofie veroorsaak as gevolg van die verlies van motoriese neurone in die rugmurg. Vir Lilanie beteken dit dat die spiere in haar lyfie nie sterk genoeg is soos wat dit moet wees nie. Sy kan nie loop, kruip of self omdraai in die bed nie. SMA is ook nog ’n baie onbekende siekte in Suid-Afrika, wat vervolgens lei tot ’n gebrek aan genoegsame ondersteuning. Louise en Lilanie het by GROOTfm 90.5 kom kuier…

Baie dankie aan ’n anonieme skenker wat gehelp het met die befondsing van ’n loopraam vir Lilanie.

Nog ‘n baie groot dankie aan Jaco en Robbie van Perfect Water Montana wat Louise en Lilanie verras het met die nuus van ’n groot finansiële skenking wat ons daardie Vrydag met hulle kon deel op Die GROOT Trek op GROOTfm 90.5…❤️❤️❤️

#gaanGROOT #GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie

Luister HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

 

Deel hierdie artikel