You are currently viewing #JouMenseMyMense – Chantelle Smith kry ‘n tweede asem

#JouMenseMyMense – Chantelle Smith kry ‘n tweede asem

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Chantelle Smith kry ‘n tweede asem

Volgens vriendin, Maritsa Nel, is Chantelle Smith, ten spyte van al haar uitdagings, die positiefste mens wat sy ken. Dis nou al meer as ‘n jaar wat Chantelle nie die huis kan verlaat nie, as gevolg van verswakte longe. Haar vorige mobiele suurstofeenheid het gebreek, en daar is nie fondse om hierdie toestel te vervang nie. Sy is drie weke terug in die hospitaal opgeneem, as gevolg van ‘n long- en maaginfeksie. Chantelle werk tans van die huis af, as gevolg van hierdie mobiele uitdagings, en moet vir 24 uur, ses dae ‘n week van alternatiewe suurstofaanvullings gebruik maak. Saam met haar ma, vriendin en ‘n ondersteuningsnetwerk, kon hulle reeds R13 000 insamel. Haar Ma, Estelle, en vriendin Maritsa, het by GROOTfm 90.5 kom kuier.

Om aan te teken by ons YouTube kanaal, klik hier:    / @grootfmtv  

Luister HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

 

Deel hierdie artikel

Leave a Reply