#JouMenseMyMense – Calvin Olivier | 12 November 2025 | GROOTfm 90.5
Boodskap van Mamma Lezandie:
My naam is Lezandie Olivier, en ek is ’n enkelma wat my uiterste bes doen om drie pragtige kinders groot te maak, terwyl ek ook na my rolstoelgebonde ma omsien. Die lewe het al baie uitdagings ons kant toe gegooi, maar niks so hartverskeurend soos om my seun, Calvin, te sien sukkel net om te kan loop nie.
Calvin is nog net ’n kind, maar hy het al pyn beleef wat geen kind ooit behoort deur te maak nie. Hy het onlangs groot operasies aan albei heupe ondergaan om dit weer reg te skuif met gevorderde mediese penne. Die prosedure was moeilik, maar Calvin was ongelooflik dapper. Calvin se pad is nog lank nie klaar nie. Hy het nog ’n operasie nodig om die penne te verwyder en die pynlike groeisels rondom sy knieë aan te spreek.
Op hierdie oomblik breek my hart omdat ander kinders hom name noem soos “lam” en lag omdat hy soos ’n pikkewyn loop. As ’n ma wil ek net vir hom die kans gee om te hardloop, trappe te klim, ’n fiets te ry en bo alles om sonder konstante pyn of skaamte te kan leef. Calvin (12), Nicole (ousus 17), Kira (kleinsus 10), Ouma en Ma Lezandie het by GROOTfm 90.5 kom kuier…
#gaanGROOT #GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel
