#JouMenseMyMense – PROJEKTE 2024 | GROOTfm 90.5
Namens die hele GROOTfm 90.5 span wil ons ‘n oomblik neem om jou—ons lojale luisteraars—te bedank vir jou ongelooflike ondersteuning en die blywende bydrae wat jy gelewer het om ons missie te bewerkstellig. Deur elke storie wat op #JouMenseMyMense gedeel is, elke daad van liefde op #LositBeter, en die talle gemeenskapsprojekte wat ons op fokus, het jy ‘n GROOT verskil in baie mense se lewens gemaak. Ons is oorweldig deur die ondersteuning van plaaslike besighede wat laas jaar met ons saamgewerk het om ons pogings te versterk. Van die getuienisse van oorwinning oor uitdagings tot die gemeenskap wat hande vat om diegene in nood te ondersteun—2024 was ‘n jaar van groei, veerkragtigheid en hoop.
Ons is ongelooflik trots op wat ons bereik het, maar dit sou glad nie moontlik gewees het sonder jou nie, ons GROOT-familie.
God is GROOT, DANKIE!!!
#GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel