You are currently viewing #JouMenseMyMense – Ouma Susan | GROOTfm 90.5 | 12 Maart 2025

#JouMenseMyMense – Ouma Susan | GROOTfm 90.5 | 12 Maart 2025

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Ouma Susan | 12 Maart 2025 | GROOTfm 90.5

Susan Bezuidenhout (64) is nie ‘n gewone ouma nie. Sy is ‘n ouma wat tans na sestien kinders omsien. Ouma Susan het in 2024 vir GROOTfm 90.5 kom kuier, waartydens sy ons vertel het van haar uitdagings, sowel as haar oorwinnings. Van die oorwinnings is hierdie kinders waarna sy omsien. GROOTfm 90.5 kon verlede jaar Ouma Susan bystaan met kruideniersware geskenkbewyse, sodat soos sy sê, die kinders genoeg sous in hulle borde het. Een uitdaging het nog gepla. Ouma Susan het katarakke, wat haar sig drasties beinvloed en benadeel, veral aangesien sy die kinders moet vervoer. Ouma Susan het weer by GROOTfm 90.5 kom kuier vir ’n inloer en ’n opvang, en moontlik ’n GROOT verrassing…❤️❤️❤️

#gaanGROOT #GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie

Luister HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

 

Deel hierdie artikel