You are currently viewing #JouMenseMyMense – Abigail Steenekamp | GROOTfm 90.5 | 09 Julie 2025

#JouMenseMyMense – Abigail Steenekamp | GROOTfm 90.5 | 09 Julie 2025

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Abigail Steenekamp | 09 Julie 2025  | GROOTfm 90.5

Op 7 September 2024 is Abigail Steenekamp (23) brutaal aangeval en meer as 20 keer gesteek.

Haar brakiale arterie is afgesny, haar long deurboor en tendons in albei hande is gesny – wat haar duime en wysvingers permanent onbevoeg gemaak het. Sy is eers ’n dag later in ’n kritieke toestand gevind en ná verskeie oorplasings tussen swak toegeruste staatshospitale, is noodchirurgie eers ná ’n week uitgevoer.

Ná ’n maand in die hospitaal was haar hande steeds onbeweeglik, en sy kon nie na haar werk terugkeer nie. Terwyl Abi leer aanpas aan ’n nuwe werklikheid, het ’n pot brandende olie haar hele liggaam aan die brand gesteek. Ná vorige trauma in staatshospitale, is sy na privaat sorg geneem. Haar brandwonde vereis nou behandeling elke tweede dag, wat tot drie uur duur teen sowat R8,000 per sessie – ver buite haar finansiële bereik. Abi staar nou ’n lang herstelpad in die gesig en sal plastiese chirurge, ortopediese spesialiste en longdokters moet sien. Ondanks onmeetbare trauma, hou haar geloof en vasberadenheid haar staande.

Abi droom steeds om haar studies aan Cedar Life Bybelkollege voort te sit. Sy het nou ons hulp nodig – nie net om te oorleef nie, maar om weer te kan leef. Ferdi (Abigail se pa) en Stefan (van Together we Bloom) het by GROOTfm 90.5 kom kuier, en Abigail het telefonies ingeskakel. ❤️❤️❤️

#gaanGROOT #GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie

Luister HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

 

Deel hierdie artikel