You are currently viewing #JouMenseMyMense – Johan Mulder | GROOTfm 90.5 | 18 Junie 2025

#JouMenseMyMense – Johan Mulder | GROOTfm 90.5 | 18 Junie 2025

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Johan Mulder | 18 Junie 2025  | GROOTfm 90.5

Johan Mulder, ‘n 34-jarige ketelmaker het albei sy bene verloor in ‘n fratsongeluk op 1 Maart.

Mulder was alleen in die veld in die laatmiddag besig om gras vir bale op sy kleinhoewe in Modder East Orchards te sny toe die ramp toeslaan. “Ek het aan ‘n boomtak vasgehaak terwyl ek om die stam gesny het. Ten spyte daarvan dat ek vir die lewe vasgehou het, is ek tussen die voor- en agterwiele van die trekker afgetrek.” Johan het onthou dat hy gedink het hy gaan dood.

Hy het probeer wegwikkel, maar toe het die trekker se agterwiel hom vasgedruk. Die trekker was steeds aangeskakel, wat veroorsaak het dat die agterwiel oor sy onderbuik beweeg het. Binne ‘n flits het die slypmasjien Mulder se kuite in flarde geskeur.

Mulder se broer, Ettienne van Heerden, en ‘n vriend en werkskollega, Martin Brooks, het hom uiteindelik gevind en na die Bernice Samuel-hospitaal in Delmas gehaas. Met die diens wat hier betwyfelbaar was, het hulle uiteindelik by ‘n hospitaal in Springs beland.

Dis hier wat sy vrou, Chantelle, die omvang van Johan se beserings besef het. Sy onderste ledemate het aan drade van vel gehang. Ten spyte van hul beste pogings kon dokters nie sy bene red nie, en albei is onder die knieë geamputeer. Johan het intussen verskeie operasies ondergaan om die wonde skoon te maak en infeksie te voorkom.

Alhoewel die pad na herstel lank sal wees, bly Johan vasberade en optimisties, en word beskou deur sy kollegas as ‘n groot inspirasie. Johan, wat ook ‘n Pa is van ‘n 14-jarige seun, verwys hierna as ‘net ‘n terugslag, nie die einde van die wêreld nie.’❤️❤️❤️

#gaanGROOT #GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie

Luister HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

 

Deel hierdie artikel