You are currently viewing #JouMenseMyMense saam met SPAR – As die ‘groener gras’ verdor

#JouMenseMyMense saam met SPAR – As die ‘groener gras’ verdor

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense saam met SPAR – As die ‘groener gras’ verdor

Mario Britz het vir 26-jaar by ‘n firma in Port Elizabeth gewerk. Die firma het toegemaak, en kon nie eers die werknemers se pensioenfondse uitbetaal nie. Na 2-jaar se soeke na werk, het Mario in Pretoria werk gekry. Hy, sy pragtige vrou Landi en 4-jarige seun, Zion, het alles gepak wat in hul Renault Kwid kon pas, en gegaan waar hulle vooruitsig was. ‘n Vooruitsig van beter omstandighede, en bo alles, ‘n beter toekoms vir Zion.

Mario het aan ons ‘n hulpkreet gerig, omdat hy eers ‘n maand moes werk voor hy sy 1ste salaris ontvang het. Dit was ‘n uitdaging om tot ‘n brood te koop om te eet. Gelukkig het Zion by sy skool kos gekry, want in die aande was daar niks. Sommige aande het Mario en Landi sonder kos gaan slaap, en as hulle gelukkig was, was daar ‘n vrug wat hulle kon eet.

Nodeloos om te sê, Mario voel soos ‘n mislukking, wat nie vir sy seuntjie sy gunsteling ‘tinkies’ kan koop nie, of, sy grootste wens, om met ‘n afstand-beheer karretjie te speel. Zion vra kort-kort wanneer Landi en Mario ‘n brood-skenking ontvang of die Here dit ‘uit die lug uit’ laat val. Hy vra nie meer vir speel- of lekkergoed nie – asof hy besef waardeur sy mamma en pappa gaan.

Mario en Landi is baie dankbaar vir die werksgeleentheid, maar die situasie is nie presies soos hulle dit verwag het om te wees nie. Tans kan hulle hul huur, krag en Zion se skoolfonds betaal, wat tans net meer as R3 000 agterstallig is. Daar is fondse vir niks meer nie.

Mario is ‘n klipharde werker, en hy smag na ‘n geleentheid om vir ‘n maatskappy sy staal en potensiaal te wys. Hy is ontsettend lief vir sy vrou en seuntjie, ook sy ander kinders wat in Port Elizabeth woon. Hy sal vir hulle enigiets doen – selfs met ‘n leë maag gaan slaap. Hy is dankbaar vir sy vrou, en hulle ‘deur dik en dun’ huwelik. Hulle vul mekaar so mooi aan.

Liewe Mario, Landi en Zion. Ons weet, soos Hy belowe, dat ‘n lewe in oorvloed ook vir julle beskore is. Want dis wie ons Vader is. ‘n Voorsiener, Geneesheer, Ontfermer, ‘n Redder en Verlosser in en van oorvloed. Ons verklaar dat hierdie julle keerpunt is, en dat die opdraende pad wat julle al gereis het, nou afdraende sal word. Dankie dat julle bly hoop, bly glo en bly vertrou, en aan ons almal bewys dat ons nie net sal leef van brood nie, maar van elke woord wat uit die mond van God kom – soos geskryfstaan in Matt 4:4. Ons is saam met julle opgewonde oor die vooruitsigte en verwagtinge waarvan julle gedroom het die dag toe julle verhuis het.

Fotos: Jislaaik-JA! Photography

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

Luister weer HIER:

Deel hierdie artikel

Leave a Reply