You are currently viewing #JouMenseMyMense – Miane van Barneveld | GROOTfm 90.5 | 02 Julie 2025

#JouMenseMyMense – Miane van Barneveld | GROOTfm 90.5 | 02 Julie 2025

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Miane van Barneveld | 02 Julie 2025  | GROOTfm 90.5

Miane was net 12 toe sy op 24 Junie 2021 positief getoets is vir Covid-19. Twee dae later het sy verlamming in haar bene ervaar.

Aanvanklik is sy met Guillain-Barré-sindroom gediagnoseer, maar later is twee seldsame outo-immuunsiektes bevestig: Anti-GAD-sindroom en Glycine-reseptor outo-immuun encefalitis. Hierdie siektes beïnvloed haar brein, senuwees en pynreseptore, wat veroorsaak dat selfs lakens op haar vel ondraaglike pyn veroorsaak. Sy is heeltemal verlam, bedlêend en benodig voltydse sorg.

Behandeling sluit in pynbestuur, fisioterapie en sielkundige ondersteuning. Pogings soos stimulator-implantasie was onsuksesvol. Tans ontvang sy tuisbehandeling en gaan twee keer per maand na Meulmed se rehabilitasiesentrum. Mediese fondsdekking is egter uitgeput, en die familie dra nou alle kostes self.

Ten spyte van haar stryd toon Miane vasberadenheid en vordering, maar die langtermynvooruitsigte is onseker. Die gesin beplan om hul huis rolstoelvriendelik aan te pas en ‘n elektriese rolstoel aan te skaf wat sy met haar ken kan beheer om haar onafhanklikheid te bevorder. Haar mamma, wat self onlangs ‘n breintumor-operasie gehad het, is steeds besig om te herstel, wat die uitdagings nog groter maak.

Ma Shirnelle, Pa Jannie en Miane het by GROOTfm 90.5 kom kuier. ‘n GROOT dankie aan Caring Daisies en die Eben Foundation vir julle GROOT skenking en bydrae tot Miane se elektriese rolstoel. Indien jy wil deelneem aan die Basangoma Game Ranch Gong Shoot & Market ten bate van Miane se fondse, kontak vir Shirnelle by 071 303 1645 of Maryke by 082 671 2802.❤️❤️❤️

#gaanGROOT #GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie

Luister HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

 

Deel hierdie artikel