#JouMenseMyMense – Chrisma Hüygen | 13 Augustus 2025 | GROOTfm 90.5
Chrisma Hüygen is ’n enkelmamma van ’n pragtige nege-jarige seun, Sion Hendrik. Haar dogtertjie is op 10 Februarie 2020 skielik oorlede weens verstikking by die kleuterskool – die dag voor sy 7 maande sou word.
Haar seuntjie was toe daardie tyd 4-jaar oud toe sy gesterf het. Sedert haar dood het hy baie begin sukkel met skoolwerk en mylpale. Hy was vir ‘n reeks verskillende soorte terapieë en behandeling, want dit was asof hy op daardie 4-jarige ouderdom met sy sussie se dood vasgesteek het. Hy doen aansienlik beter, maar Chrisma is aangeraai om hom nie in ’n hoofstroom-skool te plaas nie, omdat sy emosionele toestand nog nie volkome gereed is daarvoor nie.
Daarom het Ma Chrisma besluit om hom in ‘n privaat skool te sit waar hy meer individuele aandag geniet. Ongelukkig, as gevolg van verskeie omstandighede, kon Chrisma nie meer by al haar finansiële verantwoordelikhede uitkom nie en sy skoolfonds en baie agter begin raak. Sion se Pappa is betrokke en hy betaal sy gedeelte.
Chrisma het nog heeltyd gefokus om hul huur en voertuig te betaal, en vir kos op die tafel te sorg… ❤️❤️❤️
#gaanGROOT #GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel
