You are currently viewing #JouMenseMyMense met SPAR: Skholiwe – ‘Believe in the unseen’

#JouMenseMyMense met SPAR: Skholiwe – ‘Believe in the unseen’

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense met SPAR: Skholiwe – ‘Believe in the unseen’

In Augustus 2018 het Lindie Strydom en die span van GROOTfm 90.5, SPAR en Big Box containers – in samewerking met SA Cares for Life – ses Big Box Containers geverf met die hoop om vir ongeveer 170 kinders van die gemeenskap van Plastic View/City ‘n klaskamer te gee.

Vandag, na drie jaar, vier ons die deursettingsvermoe, dryf, Dawidshart en liefde van Sanet Fagan en SA Cares for Life! Ons vier Sy woord en waarheid! Sy planne wat onstuitbaar is! Dat gee nie om hoe dor en droewig ‘n vooruitsig mag lyk nie, Sy hand en hart EN PLAN sal seëvier!

Ja, die inwoners van Plastic View se omstandighede en huislike toestande is nie ideaal nie, en ons kan dit nie verander nie. Maar, ons kan hulle leer en bemagtig om dit te verander. Ons kan ‘n generasie jongmense leer dat daar vir hulle beter en meer is. Dat daar vir hulle ‘n lewe van voorspoed in oorvloed wag. Ons kan vir ‘n gemeenskap in moedeloosheid en armoede gedompel wys wat rykdom regtig beteken. Wys wat die ware omvang van Jesus se Kruisdood is. Ons kan min doen, maar ons KAN lig bring. Lig, deur Hom daargestel. So, kom ons doen dit. Nie ter wille van enigiets of enigiemand nie. Ter wille van Hom, wat ons eerste liefgehad het.

Plastic View, ons vier julle nuwe skool. Ons vier elke onderwyser wat hierdie kinders met soveel passie en deernis dien. Ons vier elke ouer wat hierdie skool en die opvoedkundige geleentheid wat hulle kind gegun word, omhels. Ons vier Big Box Containers, SPAR en jou Lindie Strydom, wat destyds met hierdie projek begin het.

Laaste, maar nie die minste nie, ons vier jou, Sanet Fagan en jou span van SA CARES for Life. DANKIE dat jy – met jou wapenrusting aan – bly staan en bly glo het! Vandag, kan jy dans!  Ons vier Hom, wat die hoof fasiliteerder van verskilmaak is! Ons vier Hom wat jou, Sanet en span, toegerus het om ‘n gemeenskap te mobiliseer en te bemagtig om uit te styg en te floreer, soos Hy ons herinner daaraan dat ons meer as oorwinnaars is deur Hom wat ons liefhet. (Rom 8:30)     

Om betrokke te raak by JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

Luister weer HIER:

Deel hierdie artikel

Leave a Reply