#JouMenseMyMense – Quinton Oberholzer | 1 Oktober 2025 | GROOTfm 90.5
’n Vriendin van die Oberholzer-gesin, Zanel, het ’n versoek ingestuur oor Michelle en Gerrie se 8-jarige seun, Quinton, wat gebore is met chorioretinale kolobomas en bilaterale kognitiewe katarakte in albei sy oë.
Dit beinvloed sy sig drasties. Ten spyte van Quinton se sig-beperkings, handhaaf hy ‘n positiewe gesindheid en ‘n lus vir die lewe, met niks wat hierdie lewensvreugde bedreig nie.
Nadat ons kontak gemaak het met Operation Healing Hands, ’n nie-winsgewende organisasie wat ondersteuning bied met mediese kwessies en operasies, het Oftalmoloog Prof Polla Roux, vir Quinton ondersoek. Ongelukkig was die prognose nie goed nie, siende dat Quinton met dié uitdaging gebore is. Prof Roux het dit ook so aan die familie verduidelik, en het verder verduidelik dat hy gemaklik en bereid is om voort te gaan met die katarak-operasie in die linkeroog op 3 Oktober 2025. Ma Michelle, Pa Gerrie en Quinton het by GROOTfm 90.5 kom kuier…
#gaanGROOT #GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie
Luister HIER na die spesiale oomblik:
Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/
Deel hierdie artikel
