You are currently viewing #JouMenseMyMense – Terapie Teddies vir Kinderhuis | GROOTfm 90.5 | 17 September 2025

#JouMenseMyMense – Terapie Teddies vir Kinderhuis | GROOTfm 90.5 | 17 September 2025

Deel hierdie artikel

#JouMenseMyMense – Terapie Teddies vir Kinderhuis | 17 September 2025  | GROOTfm 90.5

Die kinders wat by Jakaranda en Louis Botha-kinderhuise geplaas word, is blootgestel aan komplekse trauma. Al is hulle veerkragtig, sukkel baie met sensoriese en emosionele regulasie.

Hulle arbeidsterapeut help, maar sy kan eenvoudig nie by almal uitkom nie. “weighted teddies” bied diep druk en ekstra proprioseptiewe terugvoer, wat ’n kalmerende effek het en die kinders help om hul emosies te reguleer.

Tans is daar 95 kinders by Louis Botha Kinderhuis en 179 kinders by Jakaranda Kinderhuis. Saam met hul terapeute het hulle 37 kinders in Louis Botha en 67 in Jakaranda geïdentifiseer wat met “weighted teddies” sal baat.

Dit sou ideaal wees om ook ekstra te hê vir nuwe kinders, en is arbeidsterapeut, Marlize Delport, se droom om uiteindelik Bramley en President Kruger Kinderhuise ook hierby te betrek en met “weighted teddies” te voorsien en bedien. Marlize, en CEO van die kinderhuise, Charlene Grobler, het by GROOTfm 90.5 kom kuier…

#gaanGROOT #GROOTverskil #JouMenseMyMense #GemeenskapsFokus #LositBeter #Dankie

Luister HIER na die spesiale oomblik:

Om betrokke te raak by #JouMenseMyMense, klik hier: https://www.grootfm.co.za/raak-betrokke/

 

Deel hierdie artikel